<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 46

Beskrywing van die seisoene

Aktiwiteit:

Om die seisoene te kan beskryf

[lo 1.2, 1.3]

Bespreek elke prentjie in jou groep. Watter verandering vind in elke prentjie plaas? Dink aan die plantegroei, die diertjies, die mense se klere, die eetgewoontes van mens en dier, slaapgewoontes, ens.

Gebruik ou tydskrifte en knip prentjies uit om ‘n collage te maak van winter op die een kant van jou bladsy en somer op die ander kant. Plak prentjies van klere en kos wat ons in die spesifieke seisoen gebruik. Maak ‘n netjiese opskrif by elkeen.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ondersoek uitvoer en data versamel;
  • data evalueer en bevindinge kommunikeer.

Memorandum

  • Hou klasbesprekings oor die seisoene en maak uitstallings van die verskillende seisoene.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask