<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 5

Meting en tyd

Module 42

Inhoud (volume)

Inhoud (Volume)

Aktiwiteit 1:

Om probleme op te los wat die kies van standaardeenhede insluit [LU 4.5.2, 4.6]

Om met toepaslike meetinstrumente presies te meet [LU 4.7.2]

Het jy geweet?

’n Vloeistof het nie ’n vaste vorm nie, maar neem die vorm van die houer aan. Ons meet vloeistof in liter en milliliter. Groot hoeveelhede word in kiloliter gemeet.

Onthou jy nog?

1 000 ml = 1 liter

1 000 liter = 1 kℓ

1. Jy het nou al gesien dat ons by lengte en massa verskillende meeteenhede vir verskillende situasies gebruik. Net so gebruik ons ook spesifieke eenhede om bepaalde inhoude te meet. In watter meeteenheid sal jy die inhoud van die volgende meet?

1.1 ’n oogdruppel .........................

1.2 brandstof vir Pa se motor .........................

1.3 ’n glas vrugtesap .........................

1.4 die dam waar jul dorp se water vandaan kom .........................

2. OM TUIS UIT TE VIND

2.1 ’n Teelepel hou _____ mℓ vloeistof

2.2 ’n Medisynelepel hou _____ mℓ vloeistof

2.3 ’n Eetlepel hou _____ mℓ vloeistof

2.4 ’n Teekoppie hou _____ mℓ vloeistof

2.5 ’n Koffiebeker hou ______ mℓ vloeistof

2.6 Pa se motor kan _____ liter petrol in sy tenk hou

2.7 Jul swembad (as jul een het) hou _____ kℓ water

2.8 Jul ketel hou _____ liter water

2.9 ’n Klein botteltjie medisyne hou _____ mℓ

2.10 Jy bad in ongeveer _____ liter water

3. Gebruik jou antwoorde hierbo en beantwoord die volgende:

3.1 Ma drink elke dag vyf koppies tee. Hoeveel mℓ tee is dit? .....................

Hoeveel liter tee drink sy daagliks? .....................

3.2 Pa drink drie bekers koffie by die werk. Hoeveel ml koffie drink hy daar?..................

Skryf dit as liter. .....................

  • Hoeveel keer kan jy medisyne drink voordat die bottel leeg is as jy twee teelepels

op ’n slag moet drink? .....................

Het jy geweet?

Die grootste waterval in die wêreld is die Bogoma-water­val in die Kongorivier. Daar vloei elke sekonde 17 000 kiloliter water oor die rand van dié waterval! Kan jy sê hoeveel liter water dit per sekonde is?

Aktiwiteit 2:

Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaard-eenhede insluit [LU 4.6]

1. Voltooi die volgende tabelle:

1.1 m 3 268 4 .............. 16 .............. 369 ..............
liter 3, 268 .............. 0,98 .............. 1,423 .............. 0,006
1.2 liter 7 000 18 .............. 1 479 .............. 3,012
k 7 .............. 0,002 .............. 0,261 ..............

2. Vermeerder die volgende inhoude met 75 mℓ:

2.1: 4,325 liter .........................

2.2: 2,500 liter .........................

2.3: 6,050 liter .........................

2.4: 5,035 liter .........................

3. Verminder die volgende inhoude met 50 liter:

3.1: 16,750 kℓ .........................

3.2: 13,085 kℓ .........................

3.3: 18,900 kℓ .........................

3.4: 17,658 kℓ .........................

OPTELLING EN AFTREKKING

Wanneer ek moet optel of aftrek met die eenhede van meting, massa of inhoud, is dit die maklikste om alles eers na die kleinste eenheid te herlei , bv.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask