<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Padveiligheid

Module 4

Padtekens

Hoe kom jy soggens by die skool?

  • Kyk of jy kan onthou watter padtekens jy alles op jou roete na die skool gesien het. Teken die padtekens.
  • Verduidelik vir jou maat wat die padtekens beteken.
  • Watter vervoermiddel word die meeste gebruik?
  • Watter vervoermiddel word die minste gebruik?

Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord.

Vul die antwoorde in en gesels met jou maat oor padveiligheid.

  • Aan watter kant van die pad moet jy met jou fiets ry?
  • Watter kleur moet die robot wees as jy wil stap of ry?
  • Wat word die strepe genoem waaroor jy moet stap?
  • Teken die volgende padtekens.
voetoorgang stopteken toegee-teken

Assessering

ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIENTERINGLU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder sal in staat wees om aangeleerde lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te brei ten einde effektief op uitdagings in sy of haar wêreld
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.5 groepwerkvaardighede identifiseer en dit konsekwent toepas.
kuns en kultuurLu 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder sal in staat wees om veelvoudige vorms van kommunikasie en uitbeelding in Kuns en Kultuur te ontleed en te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.6 Visuele kuns : in verskeie media, in beide twee en drie dimensies, eksperimenteer met kleur, lyn, tekstuur en vorm (Prent met skolierpatrollie).
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder sal in staat wees om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toe te pas, met gebruikmaking van geskikte inligting- en kommunikasietegnologieë.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 Ontwerp : verskillende moontlike oplossings voorstel, een kies en vryhand-tekeninge gebruik om dit voor te stel;1.4 Maak : verduidelik hoe produkte gemaak gaan word en wat gebruik gaan word om dit te maak;1.6 Evalueer : sterk en swak punte omtrent sy of haar eie produk en dié van ander identifiseer.

Memorandum

  • Gee leerders die geleentheid om buite op die speelgrond verkeerstekens op te rig sodat hulle kan demonstreer hoe hulle die reëls kan nakom. (LO 4.4) . Leerders kan in groepe saamwerk.
  • Kuns: Leerders verf 'n A3-prent waar kinders by 'n oorgang onder toesig van die skolierpatrollie oorstap (KK 4.6).
  • Maak 'n robot uit karton – Tegnologie (GROEPWERK). Leerders evalueer die eindproduk.
  • Algemene bespreking oor waar dit die veiligste is om te speel. Neem leerders op ‘n uitstappie waar hulle die padtekens moet gehoorsaam.
  • Maak ‘n opname oor hoeveel verskillende soorte padtekens ‘n leerder oppad skool toe teenkom.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask