<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Die mfecane verskuif grense

Module 4

Die basoetoe- en ndebeleryke

Basoetoe-ryk

So het die Basoeto-ryk uitgebrei. Teen 1833 het Moshweshwe bykans 25 000 volgelinge gehad. Teen 1840 het hy die Tlokoa, Rolong en Taung beheer en meer as 40 000 volgelinge gehad.

As kind het hy bekend gestaan as Lepoqu. Eers nadat hy hom bewys het as ‘n dapper man gedurende strooptogte, is hy Moshweshwe genoem – ‘n klanknabootsing van die klank van ‘n skerp mes wat gebruik is om baard mee te skeer.

Teen 1820 het die meeste groepe in die gebied oorkant die Oranjerivier behoort tot een van die Sotho-stamme: Tlokoa, Taung en Rolong. Tydens die Mfecane het groot groepe Sotho’s weggevlug van die chaos, ook Moshweshwe. In 1824 het hy en sy volgelinge hulle gevestig opThaba Bosiu wat “berg van die nag” beteken. Sy vesting was moeilik bereikbaar. Wanneer die vyand in aantog was, kon enige van die roetes versper word, of rotsblokke kon afgerol word op die vyand. Nietemin het Moshweshwe sy bes probeer om vrede te bewerkstellig. Tydens die onrus wat deur die Mfecane meegebring is, was Thaba Bosiu ‘n toevlugsoord vir vlugtelinge. Hy het ook vee aan die stamhoofde in sy gebied verskaf, hulle toegelaat om in sy dorpies te bly en hul eie tradisies te volg. Hy het ook ander groepe soos die trekboere toegelaat om die vrugbare Caledonrivier-vallei te benut.

Aktiwiteit 1:

Om bewus te wees van verskillende sieninge oor Moshweshwe en Thaba Bosiu

[LU 3.1]

(a) Stel ‘n kort identikit van Moshweshwe saam deur gebruik te maak van meegaande drie bronne hieronder. ‘n Identikit is jou idee van hoe ‘n persoon opgetree het na aanleiding van die inligting in jou besit. Maak ook melding van sy positiewe en negatiewe karaktereienskappe.

BRON A

Moshweshwe het dikwels strooptogte op nabygeleë nedersettings uitgevoer en hul vee gevat om sodoende homself en sy onderdane te verryk. Dan, ook weer, was hy goedhartig en vrygewig om sodoende sy volgelinge gelukkig te hou.

BRON B

‘n Slim opperhoof. Sy kraal was bo-op Thaba Bosiu – ‘n bergplato wat alleen op die vlaktes gestaan het. In tye van oorlog kon sy onderdane hul vee en voorrade daar beveilig. Voldoende kosvoorrade is ook in vredestye daar gestoor. Moshweshwe het ook groot hoeveelhede vee besit wat hy tydens strooptogte verkry het wanneer nodig.

BRON C

Hy was ‘n slim opperhoof en het sy kraal op ‘n plat bergkruin, omring deur hoë bergspitse, gebou. Dit sou

moeilik wees vir sy vyande om hom daar aan te val.

(b) Watter ooreenkomste en verskille kan jy identifiseer in die verskillende sketse en beskrywings van Thaba Bosiu?

Waarom verskil vertellings oor die verlede dikwels so baie van mekaar?

2. OORSPRONG VAN DIE NDEBELE -RYK

Tydens die Mfecane het verskeie Nguni opperhoofde met Shaka saamgewerk, maar daarna om verskillende redes met hom verskil. Nà sulke geleenthede moes hulle dan vlug om sy wraak vry te spring. Mzilikazi was ook so ‘n opperhoof.

Daar is min bekend oor Mzilikazi se vroeë geskiedenis (sy naam beteken “olifantbul”). Die inligting waaroor ons beskik, is verkry van mondelinge oorvertellings. Hy was ‘n Zoeloe en is in ongeveer 1795 gebore. Na Zwide se nederlaag teen Shaka, het Mzilikazi ‘n regimentsbevelvoerder in Shaka se leër geword. In 1822 egter, moes hy met ongeveer 300 soldate, vroue en kinders oor die Drakensberg vlug omdat hy na ‘n veldslag vee wat aan Shaka behoort het, vir homself teruggehou het. Na ‘n lang reis waartydens hy ander stamme aangeval het om voedsel te bekom, het hy en sy mense hulle in Mpumalanga (naby die huidige Groblersdal) gevestig. Daar het hulle ‘n kraal gebou en dit Mosega genoem. Hy het sy stam versterk deur kleiner stamme wes van die Drakensberg te oorwin en deel van sy stam te maak.

Tussen1823 en1827 het Mzilikazi se volgelinge talle aanvalle uitgevoer. Teen 1829 het Mzilikazi se ryk uit ongeveer 80 000 mense bestaan. Die Rolong en Taung het gedurig in vrees geleef. Nadat Dingane se aanslag op Mosega in 1832 misluk het, het Mzilikazi sy hoofstat noordwaarts verskuif na Kapain. Vandaar het hy die omliggende gemeenskappe aangeval en oorwin.

Aktiwiteit 2:

OM TE KAN ONDERSKEI TUSSEN FEITE EN MENINGS OOR MZILIKAZI EN DIE NDEBELE-RYK

[LU 3.2]

Reël ‘n bespreking op die TV-program Agenda met vyf vriende. Nooi vir John Barrow, Eerwaarde Pellissier, Robert Moffat, en die Franse sendeling, Lemue, Kaptein Smith, en ook Bain, na die ateljee. Bekom soveel inligting as wat jy kan oor die Ndebele -ryk!

Meegaande bronne bevat interessante inligting!

Aktiwiteit 3:

Om kronologie en tyd by die Ndebeleryk te verstaan

[LU 2.1]

Rangskik die volgende gebeure in die korrekte kronologiese volgorde:

Die Ndebele het hulle by die Maricorivier (Mosega) gevestig.

Mzilikazi het een van Shaka se bekwaamste bevelvoerders geword.

Mzlikazi het geweier om al Shaka se vee terug te gee.

Na die groot veldslag het Mzilikaze groot getalle vee teruggeneem.

Mzilikazi en sy volgelinge het oor die Drakensberg gevlug.

Aktiwiteit 4:

Om te kan onderskei tussen verskillende tydperke

[LU 2.3]

3. BETEKENIS VAN DIE MFECANE

Waarskynlik sal ons nooit al die redes vir, die omvang van, en die gevolge van die Mfecane weet nie, veral weens ‘n gebrek aan bevredigende en betroubare bewyse. Dit behoort egter duidelik te wees dat daar in ons land genoeg plek is vir alle mense met hul verskillende leefwyses!

(a) Verbeel jou dat julle ‘n klaspartytjie gaan hou en dat julle mense uit die tyd van die Mfecane en ook hedendaagse mense gaan nooi. Wie sal julle graag wil ontmoet?

Berei jou bekendstelling en verwelkoming van hierdie persone voor. Jou klasvriende is welkom om vrae te vra.

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

(b) Platberg of ‘n platkop in die berg?

Die bronne toon net verskillende kante van Thabo Bosiu.

Mense kan dinge sonder die nodige feite miskyk en dinge sien wat nie bestaan nie. Elke party wat in ‘n gebeurtenis betrokke is, het sy eie siening oor wat gebeur het.

Aktiwiteit 3

(a)

Mzilikazi is Shaka se beste aanvoerder

Mzilikazi steel Shaka se vee

Mzilikazi weier om vee terug te gee

Mzilikazi vlug

Mzilikazi vestig sy groep by Mosega

(b) Zoeloe, Ndebele, San

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask