<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 5

Gewone breuke en desimale breuke

Module 37

Om getalle te herken, te klassifiseer en voor te stel om hulle te beskryf en te vergelyk

Desimale Breuke

Aktiwiteit 1:

Om getalle te herken, te klassifiseer en voor te stel om hulle te beskryf en te vergelyk [lu 1.3.3]

Om ekwivalente vorms van getalle te herken en te gebruik [lu 1.5.2]

1. Jy het so pas ‘n leereenheid oor gewone breuke voltooi. Kom ons hersien.

Watter breukdeel van die volgende figure is ingekleur?

1.1

1.2

1.3

2. Kan jy jou antwoorde hierbo as desimale breuke skryf?

2.1

2.2

TIENDES

Verfris jou geheue!

Ons lees 0,3 as nul komma drie en ons noem dit ’n desimale breuk.

Die komma word die desimale teken genoem, en dit skei die heelgetalle van die breuke.

Onthou jy nog??

1 10 size 12{ { {1} over {"10"} } } {}

3. Kyk na die getallelyn en vul die ontbrekende getalle in.

4. Werk saam met ’n maat. Tel hardop en voltooi die volgende:

4.1 0,2 ; 0,4 ; 0,6 ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ;

4.2 4,7 ; 4,5 ; 4,3 ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ;

4.3 0,5 ; 1,5 ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ;

4.4 3,6 ; 3,2 ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ;

4.5 9,2 ; 9,1 ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ; .............. ;

Onthou jy nog?

As ek elke keer 0,3 by ’n vorige antwoord wil tel, kan ek my sakrekenaar so programmeer: Getal + 0,3 + = = =

Aktiwiteit 2:

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om hoofreken te doen [lu 1.10.5]

Jy weet nou al dat ons die sakrekenaar baie handig kan gebruik om antwoorde te vind of te kontroleer. Noudat jy weer gesien het hoe om jou sakrekenaar te programmeer om by te tel, probeer om die volgende aktiwiteit foutloos te voltooi. Programmeer jou sakrekenaar en skryf die eerste 10 antwoorde neer vir die volgende:

1.1 Begin by 3,7 en tel elke keer 0,6 by:

1.2 Begin by 9,3 en trek elke keer 0,4 af:

Aktiwiteit 3:

Om getalle te herken, te klassifiseer en voor te stel om hulle te beskryf en te vergelyk [lu 1.3.3]

Om ekwivalente vorms van getalle te herken en te gebruik [lu 1.5.2]

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om hoofreken te doen [lu 1.10.5]

In hierdie aktiwiteit wil ons kyk of jy kan sien watter gewone breuke (gemengde getalle) pas by watter desimale breuke. Dit is belangrik dat jy moet kan insien dat bv. 0,2 kg eintlik dieselfde is as 2 10 size 12{ { {2} over {"10"} } } {} kg!

1. Pas die gewone breuke by hul desimale breuke maats. Verbind kolom A met die korrekte antwoord in kolom B.

A B
Bv. 0,2 kg 1 5 10 size 12{ { {5} over {"10"} } } {} / 1 1 2 size 12{ { {1} over {2} } } {} km
1.1 0,5 m 152 7 10 size 12{ { {7} over {"10"} } } {} km
1.2 17,6 liter 2 10 size 12{ { {2} over {"10"} } } {} kg
1.3 8,4 sekondes 8 4 10 size 12{ { {4} over {"10"} } } {} sek
1.4 152,7 km 17 6 10 size 12{ { {6} over {"10"} } } {}
1.5 1,5 km 5 10 size 12{ { {5} over {"10"} } } {} / 1 2 size 12{ { {1} over {2} } } {} m

Uitdaging!

2. Werk saam met ’n maat. Kan julle die volgende breuke as desimale breuke skryf?

2.1 4 5 size 12{ { {4} over {5} } } {}

2.2 2 20 size 12{ { {2} over {"20"} } } {}

2.3 3 5 size 12{ { {3} over {5} } } {}

2.4 7 20 size 12{ { {7} over {"20"} } } {}

2.5 18 30 size 12{ { {"18"} over {"30"} } } {}

2.6 48 60 size 12{ { {"48"} over {"60"} } } {}

3. Kan julle verduidelik wat ons moet doen om bogenoemde antwoorde te kry?

4. Hoe kan jy jul antwoorde met ’n sakrekenaar kontroleer?

5. Gebruik nou ’n sakrekenaar en kontroleer jul antwoorde by no. 2.

Aktiwiteit 4:

Om hoofreken te kan doen [lu 1.9]

1. Jy het nou die geleentheid om jou hoofrekenvaardighede op te skerp en om jou “nuwe” kennis toe te pas. Voltooi die volgende hoofrekentoets so vinnig en akkuraat moontlik:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask