<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Die aarde en die heelal

Module 25

Die atmosfeer

Aktiwiteit:

Om te kan verduidelik hoek die atmosfeer rondom die aarde lewe moontlik maak en hoekom ons dit in stand moet hou

[lu 2.1; 2.2]

Die planeet Aarde word deur ‘n kombers van gasse bedek wat ons die atmosfeer noem. Die dikte van die laag (atmosfeer) teenoor die grootte van die aarde, kan met die skil van ‘n lemoen teenoor die grootte van die lemoen vergelyk word.

Sonder die atmosfeer sou lewe op aarde nie moontlik wees nie. Dit bestaan nie alleen uit gasse wat noodsaaklik is vir lewe nie, maar verhoed ook dat ons deur die son “gebraai” of deur die koue van die buitenste ruim “verkluim” word. Die atmosfeer veroorsaak dat slegs die helfte van die son se strale die oppervlak van die aarde bereik.

Ons onderskei tussen vier lae in die atmosfeer .

Laag 1: die troposfeer

Hierdie is die laag teenaan die aardoppervlak. Dit is ongeveer 11 km dik en dit is in hierdie laag waar weerveranderinge in die lug plaasvind. Water kom feitlik uitsluitlik in hierdie laag voor.

Die lug in die troposfeer bestaan hoofsaaklik uit twee gasse: stikstof en suurstof. Daar is ‘n baie klein hoeveelheid ander gasse.

Jy kan die samestelling van die lug met ballonne voorstel:

Tel die ballonne en skryf die getalle neer:

Die met ‘n N (dit staan vir stikstof): _______________________________

Die met ‘n O (dit staan vir suurstof): _______________________________

Die met ‘n AG (dit staan vir ander): _______________________________

Beskryf nou in jou eie woorde hoe die lug in die troposfeer saamgestel is (die lug wat ons inasem):

Hoe hoër mens in die troposfeer opbeweeg, hoe “dunner” word die lug. Dit beteken die deeltjies is verder uitmekaar versprei. As jy byvoorbeeld op ‘n hoogte van 8 km ‘n houer met lug sou vul, sal daar minder deeltjies (stikstof, suurstof en ander gasse) in die houer wees as wanneer jy dit op die grond sou doen.

Laag 2: die stratosfeer

Die stratosfeer is ongeveer 40 km dik. Vliegtuie vlieg in hierdie laag. Die baie belangrike osoonlaag kom hier voor. Dit is ‘n tipe suurstoflaag wat die aarde teen die nadelige strale van die son beskerm. Sonder hierdie laag sal die meeste lewende wesens op aarde sterf. Die suurstof in die osoonlaag kom vanaf die plante wat op aarde groei. As hierdie balans versteur word deurdat minder suurstof die osoonlaag bereik en die plek daarvan deur ander gasse wat deur sekere menslike aktiwiteite vrygestel word opgeneem word, verander dit die temperatuur op aarde. Dit kan uiteindelik meebring dat dier en plant nie meer sal kan oorleef nie.

Laag 3: die mesosfeer

Hierdie laag is ongeveer 40 km dik en word gekenmerk deur temperatuurwisseling vanaf -113 grade Celsius tot by 440 grade Celsius (jou liggaamstemperatuur is 37 grade Celsius, water vries by ongeveer 0 grade Celsius en kook by ongeveer 100 grade Celsius). Vallende rotsstukke uit die buiteruim verbrand in hierdie laag en ons sien dit as “verskietende sterre”.

Laag 4: die ionosfeer (termosfeer)

Die ionosfeerlaag is ongeveer 350 km dik en bevat baie gelaaide deeltjies (ione) wat maak dat baie van die radioaktiwiteit wat by tye deur die son veroorsaak word, uitgeskakel word en nie ‘n effek op die aarde het nie.

Vrae:

1. Hoekom is dit belangrik dat ons plante plant eerder as om hulle uit te roei?

2. Industriële vooruitgang kan nadelig wees vir die natuur omdat dit die atmosfeer kan verander. Verduidelik hoekom.

3. Hoekom moet bergklimmers wat hoë berge soos Everest klim, suurstofmaskers dra?

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou;

2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.

Memorandum

Getal ballonne (laat egter eers die leerders self tel):

  • N 79
  • O 20
  • AG 1

Samestelling: In elke 100 dele is daar 79 dele stikstof (79%), 20 dele suurstof (20 dele) en een deel ander gasse (1%)

Antwoorde:

L.W. Hierdie vrae moet spesifiek t.o.v. die atmosfeer beantwoord word.

  1. Plante gee suurstof en waterdamp af en neem koolstofdioksied op. So dra hulle by tot die handhawing van die nodige balans in die troposfeer en stratosfeer (insluitend die osoon)
  2. Enigiets wat na die osoonlaag verwys

3. Die druk raak so laag dat daar te min suurstof per volume eenheid is.

Questions & Answers

Ayele, K., 2003. Introductory Economics, 3rd ed., Addis Ababa.
Widad Reply
can you send the book attached ?
Ariel
?
Ariel
What is economics
Widad Reply
the study of how humans make choices under conditions of scarcity
AI-Robot
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn Reply
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn
what is ecnomics
Jan Reply
this is the study of how the society manages it's scarce resources
Belonwu
what is macroeconomic
John Reply
macroeconomic is the branch of economics which studies actions, scale, activities and behaviour of the aggregate economy as a whole.
husaini
etc
husaini
difference between firm and industry
husaini Reply
what's the difference between a firm and an industry
Abdul
firm is the unit which transform inputs to output where as industry contain combination of firms with similar production 😅😅
Abdulraufu
Suppose the demand function that a firm faces shifted from Qd  120 3P to Qd  90  3P and the supply function has shifted from QS  20  2P to QS 10  2P . a) Find the effect of this change on price and quantity. b) Which of the changes in demand and supply is higher?
Toofiq Reply
explain standard reason why economic is a science
innocent Reply
factors influencing supply
Petrus Reply
what is economic.
Milan Reply
scares means__________________ends resources. unlimited
Jan
economics is a science that studies human behaviour as a relationship b/w ends and scares means which have alternative uses
Jan
calculate the profit maximizing for demand and supply
Zarshad Reply
Why qualify 28 supplies
Milan
what are explicit costs
Nomsa Reply
out-of-pocket costs for a firm, for example, payments for wages and salaries, rent, or materials
AI-Robot
concepts of supply in microeconomics
David Reply
economic overview notes
Amahle Reply
identify a demand and a supply curve
Salome Reply
i don't know
Parul
there's a difference
Aryan
Demand curve shows that how supply and others conditions affect on demand of a particular thing and what percent demand increase whith increase of supply of goods
Israr
Hi Sir please how do u calculate Cross elastic demand and income elastic demand?
Abari
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask