<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Materie: klassifikasie

Module 17

Atome

  • Ons het reeds genoem dat atome die kleinste deeltjies is waaruit materie bestaan.

Maar hoe groot is atome en hoe lyk hulle?

  • ‘n Atoom is 0,000 000 001m in deursnit - dit is ‘n miljoenste van ‘n millimeter!
  • As jy ‘n ballon sou opblaas en jy dink daar is niks in nie, weet dan dat daar omtrent ‘n biljoen biljoen gasatome binne-in is (100 000 000 000 000 000 000)!
  • Een kubieke millimeter tafelsout (soveel soos op ‘n speld se punt) bevat omtrent 70 miljoen atome!
  • As die atome in ‘n sandkorrel elkeen so groot soos ‘n speld se punt was, dan was die sandkorrel twee kilometer in deursnit!
  • Atome is wel die boublokke van materie, maar is by verre nie die kleinste deeltjie bekend aan die mens nie – daar is sub-atomiese partikels wat ons Protone, Neutrone en Elektrone noem.

Vra jou onderwyser om jou te help om ‘n waterstofatoom en ‘n suurstofatoom te teken:

Klasprojek

PLAKKAAT – Wetenskaplikes deur die eeue

  • Vind meer uit oor wetenskaplikes soos Ernest Rutherford (1911) en Neils Bohr (1913) en hulle bydrae tot wat ons weet van atome.
  • Versamel prente en bring die inligting na die klas.
  • Werk in groepe en maak ‘n plakkaat van wetenskaplikes deur die eeue . Ons gaan ook nog enkeles bygevoeg namate die module vorder.

Assessering van klasprojek

Het jy informasie ingesamel, die plakkaat saamgestel en so wetenskaplikes deur die eeue vereer vir hul pogings?

[LU 1.1; 1.2; 1.3; 3.1]

 Het jy geweet? 

Daar is sub-atomiese partikels soos muons, gluons en gravitone!

Daar is ook partikels kleiner as elektrone, genaamd kwarks (quarks) en leptone. Kwarks het snaakse name soos: op , af , vreemd , asook bo en onder.

Lees meer op oor hierdie vreemde goedjies.

Hulle is die kleinste partikels aan ons bekend.

www.geocities.com/omegaman_uk/2002

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask