<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 15

Deelname aan buitelugavontuurprogramme en oriëntering binne verskillende omgewings

Groepwerk

[LU 4.1]

Hierdie projek kan op verskillende vlakke aangebied word: binne klasverband, binne graadverband, binne skoolverband of as pretaktiwiteit vir ‘n skoolgesinsdag (bv. Lentedag). Afhangende van die aantal persone betrokke en die beskikbare tyd, kan hierdie opwindende aktiwiteit na behoefte aangepas word.

Buitelugprogram binne klasverband

Voorafbeplanning

  • Identifisering en, indien nodig, bespreking van geskikte terrein.
  • Toestemming van die skoolhoof om die skoolterrein te verlaat.
  • Toestemming van die skoolhoof om sport- of ontspanningsklere skool toe aan te trek.
  • Toestemming van die ouers dat leerders die skoolterrein verlaat tydens skoolure, asook moontlik van vervoer gebruik maak.
  • Vervoer (indien nodig) deur ouers of per bus.

Materiaal voorsien deur onderwyser

  • Kaarte van die gebied/terrein - genoeg vir elke groep.
  • Reeks instruksies vir elke groep.
  • ‘n Kompas per groep.
  • Noodhulptassie.

Benodigdhede vir leerders

  • Sportklere of ontspanningsklere, met gemaklike stapskoene.
  • Sonhoed.
  • Sonbrandmiddel.
  • Waterbottel met water.
  • Padkos/Kospakkie.
  • Potlood.
  • Een knypbord per groep.

Instruksies t.o.v. kaartwerk en verkenning

’n “Skattejag”- benadering werk goed vir die aktiwiteit. Vooraf word sekere “pryse” of voorwerpe op plekke versteek om as bewysstuk te dien dat die span wel die korrekte bakens bereik het. Elke groep kry ‘n kaart met ‘n reeks instruksies.

Opdragte t.o.v. die vind van ongeveer vyf bakens moet skriftelik aan elke groep gegee word.

Die volgende vaardighede moet getoets word:

  • Padvind: opdragte kan gegee word d.m.v. kompasaanduidings.
  • Kaartleeswerk deur spesifieke geografiese aanduidings of beskrywing van die terrein.
  • Probleemoplossing: Leerders moet bv. ‘n klein vlot bou om ‘n rivier oor te steek.
  • Besluitneming: Alternatiewe roetes kan voorgestel word wat verskillende hindernisse inhou. Die groep moet dit bespreek en konsensus bereik t.o.v. die oplossing.
  • Spoed: Die tyd waarbinne die bakens bereik word, moet so beplan word dat leerders hulle fisies moet inspan om die taak te voltooi. Bonuspunte of bakens kan as aansporing dien.

Let Wel: Dit is belangrik dat die groepe regverdig verdeel word, bv. ewe veel meisies en seuns per groep, goeie sportpersone, sterker en swakker leerders, ens.

Assessering

LU 4
LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 deelneem aan ’n buitelugavontuurprogram deur oriëntering in verskillende omgewings;
4.2 ’n reeks liggaamlike aktiwiteite uitvoer, insluitend draai-, lig- en balanseerbewegings;
4.3 deelneem aan en verslag doen oor ’n fiksheidsprogram;
4.4 ’n speletjie speel en ontwerp wat die begrip van inval insluit;
4.5 regverdige spel ondersoek in ’n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask