<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 14

Trappe vav vergelyking

Trappe van vergelyking

Verdeel in julle groepe. Elke groep moet ‘n advertensie ontwerp vir kos, ‘n lekker, ‘n koekie, skyfies, koeldrank, ensovoorts. Julle kan self besluit wat julle wil adverteer. Dis ‘n nuwe produk en julle moet in die advertensie met behulp van byvoeglike naamwoorde beskryf hoe goed en lekker die produk is. Die byvoeglike naamwoorde moet in die vergelykende (of tweede) trap gebruik word. Hier is ‘n voorbeeld:

Gebruik van die byvoeglike naamwoorde in die onderstaande oefening as julle wil. Voltooi die trappies hieronder.

heerlik heerlikste
lekkerder as
groter as
gesonder as
varser as
brosser as
dikker as
smaakliker as
sappiger as
goed

Kom ons verfris weer julle geheues oor TRAPPE VAN VERGELYKING.

EEN KLINKER EEN KLINKER + ’g’
d i k dik ker as dik ste s a g sag ter as sag ste
d u n dun ner as dun ste l i g lig ter as lig ste
v e t vet ter as vet ste sl e g sleg ter as sleg ste
KLINKERS DUBBELE KLINKERS + ‘g’
sk oo n skon er as skoon ste l aa g l aer as laag ste
l aa t lat er as laat ste l ee g l eër as leeg ste
g ee l gel er as geel ste h oo g h oër as hoog ste
dr oo g dr oër as droog ste
DUBBELE KLINKERS OF KONSONANTE
m oe g m oeër as moeg ste
vr oe g vr oeër as vroeg ste
v ui l vuil er as vuil ste
k oe l koel er as koel ste DUBBELE KLINKERS + ’d’
k ou d kou er as koud ste
br ee d bre ër as breed ste
WOORDE EINDIGENDE OP ‘r’ ou d ou er as oud ste
ver ver der ver ste
lekker lekker der as lekker ste WOORDE EINDIGENDE OP ‘s’
lo s los ser as los ste
boo s bo ser as boos ste
EEN KLINKER + ‘f’ fluk s fluk ser as fluk ste
grof gro wwer as grof ste
laf la wwer as laf ste EEN KLINKER + ‘nk’
muf mu wwer as muf ste l a nk l a ng er as l a ngste
j o nk j o ng er as j o ngste
DUBBELE KLINKER ‘f’ UITSONDERINGS
d oo f do wer as doof ste goed beter as beste
br aa f bra wer as braaf ste baie meer as meeste
g aa f ga wer as gaaf ste bietjie minder as minste
kwaad kwater kwaadste
nuut nuwer nuuste

Voltooi nou die volgende oefening deur die regte vorm van die woorde tussen hakies te skryf.

  1. Die man is (maer) as sy broer.

Die man is _____________as sy broer.

  1. Is kool (sleg) as brokkoli?

Is kool ______________as brokkoli?

  1. Die brood is die (vars) wat ek nog geëet het.

Die brood is die___________-wat ek nog geëet het.

  1. Die Franse brood is (lank) as die gewone brood.

Die Franse brood is ___________-as die gewone brood.

  1. Draf maak jou (moeg) as om te stap.

Draf maak jou______________as om te stap.

  1. Dis (goed) om vars vrugte te eet as om ingemaakte vrugte te eet.

Dis _________ om vars vrugte te eet as om ingemaakte vrugte te eet.

  1. Water is die (goed) vloeistof om te drink.

Water is die_________vloeistof om te drink.

  1. Sjokolade maak mens (vet) as brood.

Sjokolade maak mens ____________ as brood.

  1. Die (baie) mense kan brood bekostig.

Die _____________mense kan brood bekostig.

  1. ‘n Mens eet ontbyt baie (vroeg) as middagete.

‘n Mens eet ontbyt baie________________as middagete.

LU 6.5.3

Hongersnood

Ons het nou gelees, gesels en geskryf oor kos, gesonde en ongesonde eetgewoontes. Tog is daar wêreldwyd baie mense wat min of glad nie kos het om te eet nie.

Die onderstaande leesstuk vertel julle meer van hongersnood en die oorsake daarvan. Luister terwyl julle opvoeder dit hardop voorlees. Daarna kan jy en ‘n maat dit vir mekaar hardop voorlees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask