<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Persoonlike ontwikkeling

Module 12

Respek vir andere

Respek vir ander persone se liggame, asook uitkenning en hantering van ander se gevoelens (emosies).

Aktiwiteit 1

Om te verduidelik waarom ander persone se liggame gerespekteer moet word [lu 3.2]

Werk op jou eie. Lees die sinne in die onderstaande tabel deur.

  • Merk langsaan elke stelling of jy beslis saamstem ( Π ), so min of meer saamstem ( ), of glad nie saamstem nie ().

Die liggaam is ‘n tempel van God. .......

Die liggaam huisves die siel. .......

Elke mens het ‘n persoonlike ruimte. .......

Behandel ander soos jy self behandel sal wil word. .......

Ek het reg om wraak te neem as iemand  sleg teenoor my optree. .......

Ek kan iemand anders se liggaam respekteer, al respekteer ek nie my eie nie. .......

Dis moeilik om te weet hoe iemand anders regtig voel. .......

Ek moet vir iemand anders soveel respek hê as vir myself. .......

Die wiel draai (wat vandag een persoon oorkom, kan dalk more met ‘n ander gebeur). .......

Dit is goed om van jou woede ontslae te raak deur iemand te lyf te gaan. .......

Ek mag “NEE” sê wanneer iemand aan my liggaam raak op ‘n manier wat my ongemaklik laat voel. .......

Ek is self verantwoordelik vir my liggaam. .......

  • Onderstreep die sin in die tabel hierbo waarmee jy die sterkste saamstem. Skryf in een sin waarom jy so voel:
  • Maak nog ‘n () in die kolom teenoor die sin waarmee jy minste saamstem. Gee ‘n rede hoekom jy so sterk hieroor voel :

Aktiwiteit 2

Om ander se emosies te interpreteer [lu 3.3]

Groepwerk :

Verdeel in groepe van sowat vyf lede elk. Elke groep kry een groot vel papier. Identifiseer een groeplid wat die skryfwerk gaan doen. Merk die voorkant van die papier “A” en die agterkant “B”.

Elke groeplid sê wat hom/haar dié week die gelukkigste gemaak het. Die skrywer skryf dit op kant A neer.

Op kant B word geskryf wat elkeen die ongelukkigste gemaak het die afgelope week.

Groeplede bespreek die gelukkige ervarings op kant A en deel hulle positiewe gevoelens met mekaar.

Kant B se ongelukkige ervarings word hierna bespreek. Kyk of julle vir mekaar kan raad gee om beter te voel oor hierdie slegte ervarings.

Groepe rapporteer terug aan die klas. Een leerder uit die groep sê kortliks watter soort ervarings hulle groep gelukkig en ongelukkig maak.

Suksesvolle hantering van konfliksituasies

Aktiwiteit 3

Om konfliksituasies op te los [lu 3.4]

(konflik: botsing tussen mense)

Kom ons verdeel in groepe en speel ‘n bietjie toneel! Die volgende konfliksituasies word op stukkies papier geskryf en in ‘n papiersakkie gegooi. Elke groepleier trek een onderwerp uit die sakkie. Groepe kry 15 minute om ‘n kort toneeltjie uit te werk waarin die situasie “gespeel” word. Aan die einde van die toneel moet die konfliksituasie opgelos word.

Jy en jou broer of suster wil op dieselfde tyd na verskillende programme op die TV kyk. Pa en Ma het ook iets te sê hieroor.

Twee leerders in die klas het verkul in die toets en vir mekaar antwoorde op ‘n stukkie papier geskryf. Juffrou of Meneer het die briefie opgetel. Nou word die hele klas na skool gehou totdat die skuldiges hulleself identifiseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask