<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 6

Die ekonomiese siklus

Module 1

Skakels in die ekonomiese ketting

A.skakels in die ketting

Elke mens, van geboorte tot sterfte, vorm deel van ‘n land se ekonomiese siklus. Almal begin by geboorte as afhanklikes en word weer afhanklik op hul oudag, maar vir die grootste deel van ons lewens word ons voorberei om ‘n bydrae te kan maak tot die groei en stabiliteit van ‘n land se ekonomie. Jy gaan nou stap vir stap deur die siklus geneem word en hopelik kry jy sommer baie duidelikheid oor wat jou spesifieke rol in Suid-Afrika se ekonomie is, en gaan wees.

  1. Die huisbewoner

Dit is die fase waarin jy reeds sedert geboorte is. Dit is sekerlik die lekkerste en sorgvryste fase van almal, maar ook daardie fase wat almal so vinnig verby wens. Ons kan nie wag om eendag ons eerste salaris te verdien en uit te gee nie!

Gedurende hierdie fase is jy ‘n LEERDER. Vandat jy jou eerste geluid maak, wil almal jou die hele dag net leer. Wanneer jy nie op doelbewuste instruksies reageer nie, volg jy onbewustelik ander se voorbeeld na. Namate jy ouer word, ontwikkel jy ‘n sterk wil van jou eie en stamp dikwels jou kop in die proses om te probeer bewys dat jou eie manier van doen BETER is as die voorgeskrewe en beproefde manier.

ROLSPEL : Doen ‘n rolspel van ‘n tipiese situasie waar jy en jou ma/pa verskil oor die manier waarop jy jou sakgeld verdien/bestee.

Gedurende hierdie fase van jou lewe is jy hoofsaaklik ‘n verbruiker en lewer nie werklik ‘n positiewe bydrae tot die land se ekonomie nie. Daar is wel sommige entrepreneurs wat reeds op ‘n vroeë ouderdom heel suksesvol fondse genereer.

  1. Die kursusganger

Dit is die fase wat gewoonlik net na jou formele skoolopleiding begin. Dit is wanneer jy gereed gemaak word vir die wêreld van werk of die arbeidsmark. Jy word voorberei om jou loopbaan te begin. Soms studeer jy voltyds, maar dikwels word jy opgelei terwyl jy in die praktyk staan – wanneer jy reeds besig is met die werk wat jy graag wil doen. Jy bly hoofsaaklik ‘n verbruiker en lewer meestal net ‘n bydrae tot die ekonomiese siklus deur middel van deeltydse inkomstes.

Baie mense weet reeds van ‘n jong ouderdom af presies watter loopbaan hulle eendag wil volg. Ander ontdek eers hul ware talente nadat hulle aan die praktyk blootgestel is. Die opleiding vir loopbane verskil ook drasties van mekaar. Vir sommige loopbane moet jy ‘n jarelange teoretiese kursus volg, terwyl ander weer ‘n kombinasie van praktiese opleiding en teoretiese werk is.

Dan is daar diegene wat bloot met die uitsonderlike talente wat hul ontvang het, besluit om hul eie besighede in ‘n spesifieke veld te begin. So, byvoorbeeld, is mev. X baie goed met naaldwerk en maak sy die pragtigste kinderklere wat sy dan by vlooimarkte verkoop, terwyl mnr. Y die werkverrigting van ‘n motor by sy pa geleer het en ‘n baie suksesvolle werktuigkundige geword het.

Arbeidsmark

Dit is die fase waarna die meeste jongmense uitsien. Nou kan jy mos doen wat jy wil met die geld wat jy verdien. Nou hoef jy nie meer van jou ouers afhanklik te wees nie. ‘n Eie motor, eerste blyplek, sorgvrye tye…

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11012/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask