<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 6

Module 1

Interpretasie van ‘n boodskap

Aktiwiteit 1:

Om ‘n boodskap te interpreteer en te bespreek

[lu 3.2.1]

Wat wil die bostaande skets vir my en jou sê? Bespreek dit in groepe en gee terugvoering.

Aktiwiteit 2:

Om stil te lees [lu 3.1.1]

Om te soeklees en afleidings uit kontekstuele leidrade te maak [lu 3.1.2]

1. Lees die onderstaande gedeeltes aandagtig deur en beantwoord die vrae daaroor gestel.

  1. Berge en vullis om te oorwin

Dis om van te huil! Waar daar mense is, is daar gemors. Is daar hoop? Dalk kan die kreef ons help. “Wil jy my sê die kreef, die lekkerny vir smulpape? Ja, dis nes jy daar sê, die kreef.”

Die kreef is voorwaar ‘n netjiese kêrel. Hy herbenut sy dop elke keer as hy “vervel”. Soos die jong larwe groei, werp hy van tyd tot tyd die harde skelet aan sy buitekant af. Sodra hy so afgedop het, ontwikkel hy ‘n lus vir kalsiumkarbonaat – wat hy inkry deur sy eie afgedopte dop te verorber, asook die skulpe van ander diere, soos bv. seekastaiings. In die natuur word niks vermors nie. Die produkte van enige natuurproses word in ander natuurprosesse opgeneem. Die blare wat in die herfs van die bome val, verander in voedingstowwe vir die plante. Spinnekoppe vreet gereeld hul eie webbe op en herwin so die proteïen daarin en maak hul omgewing skoon.

Van die vroegste tye af is die mens egter ‘n rommelmaker. Die beskawing het feitlik sinoniem geword met die vullishoop. Maar dit is net in die afgelope paar dekades, en veral sedert die ontwikkeling van die “weggooi-gemeenskap”, dat afval so ‘n probleem geword het.

( Huisgenoot , 16 Julie 1992)

  1. Ek kan nie "hoor" wat ek "sien" nie!

Miskien het jy al bostaande uitdrukking gehoor toe Ma gesê het jy moet die hoëtroustel sagter stel.

In die meeste plekke waar konsentrasie vereis word, word stilte vereis - die eksamenlokaal, die kerk, die operasiesaal - noem maar op. Geraas het in die twintigste eeu so 'n probleem geword dat alle leidende moondhede wette maak om meer stilte te verkry. Die intensiteit van geluide wat geraas veroorsaak, word in desibel (dB) uitgedruk.

Die oor kan geluide tussen 0 desibel en 180 desibel waarneem. Om ‘n goeie nagrus te kry, word ‘n geluidsterkte van hoogstens 25 desibel vereis. Die buurseun se motorfiets wat Pa en Ma so verpes, se geluidskerpte is ongeveer 80 dB. Die geluidskerpte in ‘n fabriek is ongeveer 120 dB en dié van ‘n supersoniese vliegtuig ongeveer 140 dB. Die gevaar lê veral in hierdie “simfonie” van klanke, want as jy vir te lank aan te hoë geraasvlakke blootgestel word, kan dit tot beskadiging van jou gehoor lei.

2. Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die gelese gedeeltes.

  1. Wat is ‘n smulpaap? Slaan dit in die HAT of ‘n goeie woordeboek na.
  2. Watter goeie voorbeeld stel die kreef aan ons?
  3. Ons behoort tot die “weggooi”-gemeenskap beteken:
    1. Ons lewe in ‘n era waarin nie meer kwaliteitsgoedere gemaak word nie.
    2. Ons lewe in ‘n tydvak waarin baie goedere weggegooi word nadat ons dit gebruik het, bv. goedkoop balpuntpenne.
    3. Ons lewe in ‘n era waarin dit lyk asof die wêreld ons “weggegooi” het.

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask