<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 5

Meting en tyd

Module 43

Tyd

Aktiwiteit 1:

Om probleme wat berekeninge en herleiding van toepaslike tydeenhede insluit, op te los

[LU 4.2]

1. KOMPETISIETYD!

In hierdie aktiwiteit gaan ons jou algemene kennis toets. Kom ons kyk wie kan die gouste antwoord: die seuns of die dogters! Elke korrekte antwoord is twee punte werd. Punte sal afgetrek word vir leerders wat uitskree.

1.1 Hoeveel maande is daar in ’n jaar?

1.2 Watter maande het net 30 dae?

1.3 Watter maande het 31 dae?

1.4 Hoeveel dae is daar in ’n jaar?

1.5 Hoeveel dae is daar in ’n skrikkeljaar?

1.6 Hoeveel dae het Februarie in ’n skrikkeljaar?

1.7 Hoeveel dae is daar in ’n skoolweek?

1.8 Hoeveel sekondes is daar in ’n minuut?

1.9 Hoeveel minute is daar in ’n uur?

1.10 Hoeveel uur is daar in ’n dag?

1.11 Hoeveel weke is daar in ’n jaar?

1.12 Hoeveel minute is daar in ’n kwartier?

1.13 Hoeveel sekondes is daar in ’n driekwart minuut?

1.14 Hoeveel dae het Desember in ’n skrikkeljaar?

Wie het gewen?

KOPKRAPPERS!

Hoeveel jaar is daar in ’n dekade?

Wat is ’n millennium?

Wat is ’n ander woord vir ’n tydperk van 100 jaar?

  • Sommige mense gebruik v.a.e en a.e. in plaas van v.C (voor Christus) en n.C. (na Christus). Waarvoor staan dié afkortings?

Het jy geweet?

Ons gebruik die Christen-kalender wat begin by die geboorte van Jesus. Die name van ons maande het hul oorsprong in die Romeinse tyd. Augustus is bv. genoem na die Romeinse keiser, Augustus Caesar wat geleef het van 27 v.C. tot 14 n.C.

Aktiwiteit 2:

Om die wyse van voorstelling van tyd in verskillende kulture te beskryf en illustreer [LU 4.4]

1. UITDAGING: ‘N “ONDERSOEK” VIR JOU PORTEFEULJE!

Kom ons “ondersoek” die manier waarop ander kulture hul tyd aandui! Vra jou opvoeder vir die nodige papier om op te werk.

  • Kyk of jy ’n kalender van die Jode en Moslems in die hande kan kry.
  • Vergelyk dit met ons kalender en maak ‘n lys van die verskille en ooreenkomste.
  • Vertel jou klasmaats hoe dit van mekaar verskil en waar dit ooreenstem.
  • Gee dit vir jou opvoeder om te assesseer.
  • Stal dit in jul klas uit vir almal om te sien.
  • Onthou om dit daarna netjies in jou portefeulje te bêre.

ONTHOU HIERDIE AFKORTINGS

sekonde : s

minuut : min

uur : u

dag : d

week : wk

maand : md

jaar : j

Het jy geweet?

Die simbool vir uur was eers “h”. Dit kom van die Latynse woord “hora” wat “uur” beteken.

Jaar se afkorting was eers “a”. Dit kom van die Latynse woord “annus” wat “jaar” beteken.

Aktiwiteit 3:

Om meetinstrumente, insluitende stophorlosies, te gebruik om tyd presies te meet [LU 4.3]

1. Wat is ’n “stophorlosie”?

2. Werk saam met ’n maat en voltooi die tabel met behulp van ’n stophorlosie.

Tyd geskat Tyd gemeet Verskil
Tel tot by 20
Maak jou skoenveter vas
Maak die klas se venster oop en toe
Skryf jou naam en van
Bereken 468 × 7

Aktiwiteit 4:

Om probleme wat berekening en herleiding van toepaslike tydeenhede insluit op te los [LU 4.2]

  1. Werk saam met ’n maat en bereken:
  2. 1.1 Hoeveel sekondes is daar in

3 min:

2 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} min:

3 4 size 12{ { { size 8{3} } over { size 8{4} } } } {} min

9 10 size 12{ { { size 8{9} } over { size 8{"10"} } } } {} min:

1 uur:

1.2 Hoeveel minute is daar in

2 uur:

1 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} uur:

1 4 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{4} } } } {} uur:

3 1 6 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{6} } } } {} uur:

’n dag:

1.3 Hoeveel uur is daar in

jou skooldag:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask