<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Menseregte gedurende die tweede wêreldoorlog

Module 3

Die skryf van ‘n historiese opstel

Integrasie van leeruitkomstes: Historiese opstel

[LU 1.2, 1.4, 1.5, 3.1, 3.2, 3.3]

  • Deur gebruik te maak van jou eie kennis en bostaande bronne (A – H), skryf ’n opstel waarin jy kenmerke van ’n totalitêre staat verduidelik.

Leeraktiwiteit 1:

Oefening in die skryf van ’n geskiedenisopstel

[lu 1.1, 1.2, 1.4, 2.1, 2.1, 2.3, 2.4, 3.4]

  • Bestudeer die onderstaande bronne en skryf ’n opstel van een A4-foliovel waarin jy verduidelik hoe die Duitsers Jode uitgeken het. Gee ook jou mening oor die metodes van rasseklassifikasie wat gebruik is.

BRON Jakob Graf : Hereditary and Racial Biology for Students (1935)

Hoe kan ons leer om ’n persoon se ras raak te sien?

... 6. Maak propagandaplakkate en -spotprente vir jou rasseboek bymekaar en rangskik dit ooreenkomstig ’n rasingedeelde plan. Watter beeld van skoonheid word deur die kunstenaar beklemtoon (a) in plakkate wat sport en reis bekendstel? (b) Hoe word jagters, bergklimmers en veeherders uitgebeeld?

7. Maak uit geïllustreerde tydskrifte en koerante, ens., die prente van groot studente, staatsmanne, kunstenaars en ander wat hulself besonderlik onderskei het (byvoorbeeld in die ekonomiese lewe, politiek, sport) bymekaar. Bepaal die oorheersende ras en mengsel volgens die fisiese eienskappe. Herhaal die oefening met groot manne van alle nasies en in alle tye.

... 10. Hou die Jood dop: die wyse waarop hy loop, sy houding, sy gebare, en bewegings wanneer hy praat.

11. Wat val jou op as ’n Jood praat of sing?

BRONNazi skoolhandboek Die giftige sampioen

Klein Karl het die bordstok geneem en na die skryfbord gegaan en na die skets gewys. "’n Jood is gewoonlik uitkenbaar aan sy neus. Die Jode se neuse is krom aan die einde... Baie nie-Jode het ook krom neuse, maar hulle neuse is gebuig, nie aan die end nie, maar hoër op. So ’n neus word ’n haakneus genoem... Dit het niks met ’n Joodse neus uit te waai nie... Die Jood kan ook aan sy lippe uitgeken word. Dit is gewoonlik dik. Dikwels hang sy onderlip oor... Jode is ook herkenbaar aan hul oë. Hul ooglede is gewoonlik dikker en meer vleeslik as ons s’n. ’n Jood lyk slu en skerp."

BRON

Johannes Stark in verband met die Jode. In 1934 het hy die Nobelprys vir sy werk in die veld van die elektromagnetisme ontvang. Hy het sy mede-Duitse Nobelprysontvangers versoek om ’n verklaring van steun aan "Adolf Hitler..." te teken. Hy sê van die Jode:

Dit is inderdaad waar dat die Joodse gees, te danke aan die buigsaamheid van sy intellek, by magte is deur die na-aping van die Duitse voorbeeld, om belangrike bydraes te maak, maar dit is nie moontlik om oorspronklike kreatiewe werk in die groot uitvindings van die natuurwetenskap te lewer nie. In die onlangse tye het die Jode dikwels na Heinrich Hertz as ’n teenargument gewys. Dit is waar dat Heinrich Hertz belangrike ontdekkings in die veld van die elekromagnetiese golwe gemaak het, maar hy is nie ’n volboed Jood nie. Hy het ’n Duitse moeder...

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask