<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

Stelsels en beheer: ‘n elektriese skok

Module 14

Waarom brand ‘n gloeilamp in ‘n stroombaan?

Agtergrond

Die elektriese energie word in hitte-energie omgesit en die gloeilamp gloei, want die wolframdraad in die gloeilamp bied weerstand teen die kragstroom. Die gas in die gloeilamp voorkom dat die draad uitbrand. Apparate soos gloeilampe, luidsprekers en stoofplate wat lig, hitte en klank voortbring, bied ook ‘n soort weerstand teen die stroom. ‘n Apparaatjie wat beweging kan voortbring, is ‘n elektriese motortjie.

Opdrag 1

  1. Bou ‘n eenvoudige stroombaan soos in die skets verduidelik.

Teken ‘n stroomdiagram van bogenoemde skets.

  1. Voeg nog ‘n gloeilamp in serie in die stroombaan. Brand die lig van die gloeilampe nou flouer of helderder?

Waarom? Onderstreep: Die beskikbare energie vir elke gloeilamp word (gehalveer/verdubbel).

Wat sal gebeur as een van die gloeilampies breek?

LU/AS 1.3
  1. Voeg nou ‘n gloeilamp in parallel in die stroombaan saam met (a). Skyn albei gloeilampies ewe helder?

Waarom? Onderstreep: (Dieselfde/verskillende) hoeveelheid energie word aan albei gloeilampies verskaf.

Wat sal gebeur as een van die gloeilampies breek?

  1. Toepassing: Onderstreep Die ligte in ons huise bly helder, al skakel jy hulle ook gelyk aan. Hulle kry dus dieselfde hoeveelheid elektriese energie van die kragbron. Die ligte in ons huise word dus in (serie/parallel) geskakel.
  2. Voel aan die gloeilampies.

Voel hulle warm of koud?

‘n Gloeilamp wat brand, verskaf dus nie net lig-energie nie, maar ook -energie.

LU/AS 1.3

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer);
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;

Memorandum

Opdrag 1

(a)

(b) flouer

gehalveer

Die stroom sal nie vloei nie.

(c) Ja

Dieselfde

Die ander gloeilampie sal bly brand.

(d) parallel

(e) warm

warmte

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask