Om kennis te neem van hoe enkele voëlsoorte verskillend aangepas is
[lu 2.2]
Wat maak die voëls eiesoortig?
Dit is die enigste dier met vere as huidbedekking. Die vere hou die voël warm en droog. Dit help ook die voël om te vlieg.
Die voorste ledemate van voëls (hulle “arms”) het verander om vlerke te vorm.
Voëls het lugsakke in hul bene wat hulle lig maak sodat hulle kan vlieg.
Voëls se borsbeen vorm ‘n kiel waaraan hul sterk vliegspiere vasgeheg is.
Voëls het deursigtige vliese oor hul oë sodat hulle hul oë tydens vlieg kan oophou.
Hul oë is besonder goed ontwikkel. Dink maar aan arende en valke.
Voëls kan nie ruik nie en is dus vir voeding geheel en al van hul smaaksintuie afhanklik.
INTERESSANTE FEITE I.V.M. VOËLS
Die
volstruis is die grootste voëlsoort en lê die grootste eier.Volstruise word geteël vir hul eiers, vel, vere en vleis.Die volstruis skop sy vyand en kan ook seer pik.
Die Bloukransvoël: Nasionale voël van Suid-Afrika.
Die Kolgans: Die ou Egiptenare het hierdie voël as heilig beskou.
DIE POTE VAN VOËLS
In pare: Bestudeer die verskillende soorte pote en sê by watter voël hiernaas die pote pas. Motiveer waarom julle so besluit het deur na hul voedingswyse en leefwyse te verwys.
ABC
Jy kan gerus by die huis kyk na die snawels van voëls en hoe hulle by hul voedingswyse aangepas is.
Opdrag: groepwerk
Nie alle voëls bou neste nie.
Noem een soort voël wat nie ‘n nes bou nie.
Maak ‘n eenvoudige skets van die voël. Skets ook waar die eiers gelê word.
Die meeste voëls bou neste. Waarom?
Kies een soort voël wat jy in jou omgewing waarneem.
Identifiseer die soort voël.
Maak ‘n skets van die nes en voël.
Gewaar jy die mannetjie en wyfie? Verskil hulle in voorkoms? Hoe? Hoekom?
Hoe is voëls oor die algemeen aangepas om kos te kan soek en die kos te kan bekom?
Assessering
LU 2
KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting onthou;
2.2 inligting kategoriseer;
2.3 inligting interpreteer.
Memorandum
A - muisvoëls, pote slegs om aan takke te kan klou.
B - arend of valk (alle roofvoëls), sterk kloue om prooi te kan vang.
C - eend, soos alle voëls wat in water swem: swemvlak wat die oppervlak vergroot.
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!