<< Chapter < Page Chapter >> Page >

OPDRAG 5:

[lo 1.7]

Hoe trek jy ‘n tandepastadosie oor?

  1. Maak die dosie versigtig oop deur die flappe los te trek. Nou het jy ‘n ontvouing .
  2. Smeer die buitekant van die dosie, asook die flappe, deeglik met ‘n taai gom.
  3. Plaas die ontvouing met die regte kant na onder op die agterkant van ‘n vel geskenkpapier wat net groter is as die ontvouing.
  4. Stryk alle lugblasies uit en sorg dat die oppervlaktes gelyk is. Wag ‘n rukkie dat dit deeglik droog word. Plaas ‘n swaar, groot boek bo-op.
  5. Knip nou al om die buiterande van die dosie alle oortollige geskenkpapier af.
  6. Gom die flappe wat jy aan die begin losgetrek het, vou die dosie weer in sy oorspronklike posisie en laat dit so droog word. Maak seker dat die rante van die dosie mooi gelyk is. Nou het jy ‘n mooi oorgetrekte dosie vir jou toerusting en reëls.

Evaluering

Dit is belangrik om jou werk te evalueer – nie net om te leer uit jou foute nie, maar ook om trots te kan voel as jy ‘n taak suksesvol afgehandel het.

Uitdaging

Stuur jou speletjie aan ‘n speelgoed- en speletjiesfirma. Dalk aanvaar hulle dit en is hulle bereid om dit in groot hoeveelhede dwarsoor die wêreld op winkelrakke te verkoop. Dan word jy sommer ‘n kitsmiljoenêr en kan jy die volgende wintervakansie jul hele gesin Disneyland toe neem. Dan kan jy Jan Tuisbly se karretjie maar verkoop!

Assessering

LU 1

Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek :

1.1 uitvind oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing, aard van behoefte) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word en die voordele en nadele wat ‘n tegnologiese oplossing vir mense sou kon inhou, noem;

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Ontwerp

1.4 met bystand ‘n kort en duidelike stelling skryf of kommunikeer (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

Maak

1.7 die stappe beskryf in ‘n plan om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

1.9 netjies en veilig werk met die minimum vermorsing van materiaal;

Evalueer

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer

  • tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

Memorandum

Opdrag 1

(Raadpleeg Opdrag 1[vereistes] by Ontwerp.)

(a) (moontlike antwoorde) dik karton; ‘n skoon, wit bladsy; toedraaipapier, gom, ‘n leë dosie.

(b) meet, knip, teken, skryf, inkleur, oortrek, gom, vou, natrek, plak, bêre.

(c) liniaal, gradeboog, passer, khoki’s, potlood, uitveër, inkleurpotlode, skêr, sjabloon (stensil)

(d) antwoorde kan verskil

  • antwoorde kan verskil

Opdrag 2

Leerder moet hierdie vrae later beantwoord en alle antwoorde behoort baie goed te wees.

Opdrag 3

Teken ontwerp vyf maal groter oor.

Opdrag 4

Opdrag 5 van ontwerp word nou verfyn en oorgeskryf.

Opdrag 5

Na voltooiing van elke leerder se dosie kan die leerkrag die produk assesseer met behulp van die instruksies (of elke stap nagevolg is).

Evaluering

Opdrag 1

Uit die leerders se regmerkies kan ‘n oorheersende kode afgelei word. Leerders word aangemoedig om baie goed te hê by alle vrae.

Opdrag 2

Sal verskil.

Opdrag 3

Leerkrag lei uit maatassessering ‘n kode af wat toegeken word vir ‘n spesifieke speletjie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask