<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Horst Hausleitner (42), saksofoon- en klarinetspeler van die bekende Ver­einig­­te Bühnen Wien, en sy vrou, die Duitse verhoogaktrise en sangeres Ester Stein (40), het vir ’n jaar lank hul kunsloopbane in Wene prysgegee vir hul Afrika-reis.

In die volgende 12 maande wil hulle met hul drie perde en hul tentjie sowat 6 000 km tot by die berg Kenia ry. Hulle is in die rigting van Kroonstad op pad. Hul beplande roete loop deur Botswana, Zambië, Malawi en Tanzanië.

Vooraf het hulle kers opgesteek by die internasionale Long Riders-gilde en by ’n Suid-Afrikaanse vollid van dié gilde, mev. Ria Nay-smith van Heilbron. Naysmith is die enigste vrou tot nog toe wat enduit te perd van Lesotho tot in Kenia gery het.

Hulle het ook raad gekry by mev. Nola Steels van Durban, weduwee van ’n be­kende KwaZulu-Natalse natuurbewaarder en perdekenner, mnr. Nick Steele.

Ná al dié raad het die Hausleitner-egpaar se keuse vir twee ryperde en ’n pakperd geval op drie reuns van mnr. Michiel Burger van Rosendal se Burgers­trots-boerperdstoet, Roland, Armand en Tabak.

Stein sê sy en haar man het Kenia twee jaar gelede as toeriste besoek en dolverlief geraak op Afrika. Die volgende jaar het hulle Kenia per motor gaan verken en sy het ’n boek oor hul wedervarings geskryf, Heimweh nach Afrika; Tagebuch einer Reise durch Kenia.

Nog was dit nie genoeg nie en hulle wil Afrika ten volle ervaar.

Die egpaar het ’n webblad, www.afrikaabenteuer.at , waar hulle hul weder­varings sal deel.

Uit : Beeld , 6 April 2003

1. Kom ons maak ’n lys van woorde wat dalk verwar kan word. Die eerste woord verskyn in die teks.

1.1 gelede

verlede

1.2 toeriste

terroriste

1.3 reis

rys

1.4 op pad

op die pad

1.5 kers opgesteek

kers aangesteek

1.6 keuse

kies

1.7 reuns

reëns

  • Jy sien nou hoe baie verwarrende woorde daar net in een teks kan wees. Kom ons kyk hoe jy vaar met die volgende woorde wat nie in die teks voorkom nie. Gaan op dieselfde manier as hierbo te werk.

1.8 omskryf

beskryf

1.9 aantal

getal

1.10 begeerlik

begerig

1.11 kwes

kwets

1.12 getuig

betuig

  • En só kan ons aangaan . . .
LU 6.1

Assessering

LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 avontuurtogte

1.2 avonturiers

1.3 veiligheidswagte

1.4 ski’s

2.1 van formaat / uitstekende avonturier

2.2 raadgewer

2.3 gereedheid?

2.4 op sy gelukkigste

3.2 sarsie

3.3 bundel

3.4 baksel

3.5 swerm bye

3.6 konstellasie sterre

3.7 broeisel eiers/kuikens

3.8 kudde beeste

4.1 is hy nou blind

4.2 klim hy net weer op

4.3 hy jou sal byt / hy dit in sy mond vashou

4.4 selfs olifante kry hom nie wakker nie

5.1 konsultasie

5.2 avonture

6.1 Beauty and the Beast

AKTIWITEIT 2

1.1 Ons het SA twee jaar gelede besoek.Dit is deel van my verlede.

1.2 Toeriste besoek ons land.Terroriste moet gestraf word.

1.3 Ons reis na Kenia.Ons eet rys.

1.4 Op pad Kenia toe, gaan ons sukkel.Daar lê ’n slang op die pad.

1.5 Ons het by hom kers opgesteek om raad te kry.Ons het die kers aangesteek om lig te kry.

1.6 Dis my keuse om dit te doen.Ek kies die rooi rok.

1.7 Die reuns is hingste wat “ontman” is / gekastreer is.Die reëns bring verligting vir die boere.

1.8 Omskryf die betekenis sodat almal dit kan verstaan.Beskryf die natuurtoneel.

1.9 Daar was ’n aantal mense teenwoordig, maar ons het nie getel nie en het dus nie die getal nie.

1.10 Ai, die mooi klere lyk begeerlik!Ons is begerig om te weet of ons geslaag het.

1.11 Kwes die bok.Jou woorde kwets my.

1.12 Ek moet in die hof gaan getuig.Ek betuig my simpatie by die begrafnis.

  • [Hierdie lys kan u gedurig aanvul.]

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask