<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

ONTHOU: in die verlede tyd verander die volgende woorde.

wil wou
moet moes
sal sou
kan kon
bv. Ons wil gaan. Ons wou gaan.
Ons moet bly. Ons moes bly.
Ons sal ry. Ons sou ry.
Ons kan hoor. Ons kon hoor.
  1. Voltooi die tabel.
Verlede tyd (het ge-) Teenwoordige tyd Toekomende tyd (sal)
Hy ………………………… Hy wil lees. Hy sal wil lees.
Sy ………………………… Sy kan nie gaan nie. Sy …………………………
Almal ……………………… Almal moet huiswerk doen. Almal ………………………
Ek …………………………. Ek sal luister. (Geen toekomende tyd)

Selfassessering onder leiding van opvoeder.

ONTHOU: woorde wat met be-, ge-, het-, er-, ont- en ver- begin, kry nie ‘n ge- in die verlede tyd nie.

VOORBEELDE
besluit - Ons het besluit om te gaan slaap.
gedra - Ons het ons goed gedra .
herhaal - Die opvoeder het die vraag herhaal .
erken - Ek het dadelik erken dat ek ‘n fout begaan het.
ontvang - Die wenner het ‘n prys ontvang .
verlang - Die kind het na sy ouers verlang .
LU 6.1 LU 6.3.8
  1. Skeibare werkwoorde.

Party werkwoorde bestaan uit twee dele, soos:

inpak uithaal inklim
in + pak uit + haal in + klim

In die toekomende tyd word die woorde aanmekaar geskryf:

  • die dogter sal haar boeke inpak .

In die teenwoordige tyd word die woorde geskei:

  • die dogter pak haar boeke in .

In die verlede tyd word die werkwoord weer een woord, maar die ge- kom tussen die twee dele.

  • die dogter het haar boeke ingepak .

ONTHOU:

Is word was : Die kind is siek. Die kind was siek.
Het word het gehad : Ek het griep. Ek het griep gehad.
LU 6.3.8

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 vertaal:
2.1.1 vertel stories uit die huistaal oor in die addisionele taal;
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil);
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos “vervoer” in Aardrykskunde);
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.1 kies relevante inligting en skryf aantekeninge (identifiseer kernwoorde en –sinne, stel ‘n lys belangrike punte saam);
5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele teks om ‘n geskrewe teks te skryf).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.2 alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings;
6.3.5 determineerders (soos: ‘n, die);
6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;

Memorandum

1.(b)

(i) Waar

(ii) Waar

(iii) Onwaar

(iv) Onwaar

(v) Onwaar

(vi) Waar

(vii) Waar

(viii) Onwaar

(ix) Waar

(x) Onvoldoende besonderhede

2. 'n Vliegtuig word dikwels aangemeld as 'n VVV, veral in die nag wanneer 'n mens net ligte kan sien. Die ligte van 'n helikopter kan 'n mens maklik verwar, omdat helikopters in die lug kan hang.

4.

(a) Jy het geluister. Jy sal luister.

Die seun het gedans. Die seun sal dans.

Ons het ver geloop. Ons sal ver loop.

(b) Hy wou lees.

Sy kon nie gaan nie. Sy sal nie kan gaan nie.

Almal moes huiswerk doen. Almal sal huiswerk moet doen.

Ek sou luister.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask