<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid

Module 29

Sasol en tegnologie

  1. Sasol en tegnologie

Die ontwikkeling van tegnologie het ook ‘n belangrike rol gespeel in die vestiging van mense op die steenkoolvelde van Mpumalanga.

In die middel van die vorige eeu is die firma SASOL gestig om onder meer petrol uit steenkool te vervaardig. Sedert 1955 is petrol en ander chemiese stowwe soos kunsmis by Sasolburg in die Noord-Vrystaat vervaardig.

Die verdere ontwikkeling van hierdie tegnologie oor die volgende 50 jaar het vandag ‘n groot invloed op die vestiging van mense in die Noord-Vrystaat en Suidwes-Mpumalanga. Indien dit nie moontlik was om chemiese stowwe uit steenkool te vervaardig nie, of as die wetenskaplikes dit nog nie uitgevind het nie, sou daar vandag hoogstens ‘n klomp steenkoolmyne met net hul eie werkgeleenthede gewees het. Die tegnologie het sake egter drasties verander en vandag is daar behalwe die myne ook groot fabrieke wat aan duisende mense werkgeleenthede bied.

b) Nywerhede en nywerheidsgebiede

Suid-Afrika is ‘n betreklik welvarende land, veral gemeet aan Afrika-standaarde. ‘n Ondersoek na die voorkoms van minerale en grondstowwe afkomstig uit vissery, landbou en bosbou toon aan dat dit die oorsprong van ons welvaart is.

Die produkte van die mynbou, en die grondstowwe hierbo genoem, word in fabrieke verwerk om waarde by die primêre produkte te voeg en uiteindelik welvaart vir die land te skep. Die talle werkgeleenthede wat deur die fabrieke geskep word en die salarisse en lone wat deur die fabriekspersoneel verdien word, veroorsaak dat die rykdom na die mense versprei word.

Aan die plasing van die myne kan die mens nie juis iets doen nie, maar by die plasing van die fabriek waar (die myn se) produkte verwerk word, word baie sake oorweeg.

So sal ‘n meubelfabriek nie noodwendig naby ‘n klomp plantasies opgerig word nie, of ‘n staalfabriek nie reg langs die myn waar die ystererts gedelf word nie. By die plasing van myne speel die mens en sy belange ‘n belangrike rol. Dit is die rede waarom nywerhede in ‘n studie van die vestiging van mense ondersoek word.

AKTIWITEIT 1

OM DIE PLASING VAN NYWERHEDE TE ONDERSOEK

[LU 2.2]

Waar is die ideale plek om ‘n visverwerkingsfabriek op te rig?

Waar is die beste plek om ‘n motorfabriek op te rig?

Die belangrikste nywerheidsgebiede in suid-afrika

Die belangrikste nywerheidsgebiede in Suid-Afrika is by die volgende stedelike gebiede:

Aan die kus In die binneland
Kaapstad en omstreke 1. Pretoria en omstreke
Port Elizabeth 2. Die hele Witwatersrandgebied
Oos-Londen 3. Vereeniging/Vanderbijlpark/Sasolburg
Durban/Pinetown 4. Bloemfontein
Richardsbaai Kimberley

AKTIWITEIT 2

OM DIE PLASING VAN NYWERHEIDSGEBIEDE IN SUID-AFRIKA OP ‘N KAART AAN TE DUI

[LU 1.1]

Skryf die nommers van die belangrikste nywerheidsgebiede op die vorige bladsy by elk van die betrokke stedelike gebiede op die kaart.

AKTIWITEIT 3

OM DIE VERBAND TUSSEN BEVOLKINGSVERSPREIDING EN PLASING VAN NYWERHEDE RAAK TE SIEN

[LU 2.2]

Kan jy enige verband sien tussen die digtheid van die bevolking en die konsentrasie van nywerheidsgebiede ? Motiveer jou antwoord.

Waar is die ideale plek om ‘n visverwerkingsfabriek op te rig?

Waar is die beste plek om ‘n motorfabriek op te rig?

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];

tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];

inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 belangrike fisiese kenmerke van Suid-Afrika identifiseer en beskryf, insluitend dié van eie provinsie [mense en plekke];

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede in Suid-Afrika identifiseer [mense en hulpbronne];

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf [mense en die omgewing].

Memorandum

AKTIWITEIT 2

Waar visbron is

Naby vervoernetwerk en arbeid

AKTIWITEIT 4

Ja – daar waar nywerhede aangetref word, is bevolking digter

Voordele:

- Werk

- Inkomste

- Verdere opleiding

- Meer geleenthede

Nadele:

- Swak woonomstandighede

- Vervoerprobleme

- Dalk werkloos

- Geweld

- Misdaad

Swakker – desperaat vir kos en klere en huisvesting

Ondersteuning afwesig

Vervoer

Werkloosheid

Dienste

Misdaad

Behuising

Behuising voorsien

Mediese dienste ingebring

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask