<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas: Wiskunde met die drie bere.
  • Menseregte: Die storie van die drie bere leer leerders dat almal regte het en almal moet gerespekteer word.
  • Leerders brei hulle getalbegrip uit tot 109 op die klimraam. Die aktiwiteite sluit in die ordening van getalle, getalname, simbole en aan- en terugtel.
  • Posisie word bepaal van plekke in die klaskamer. ‘n Vloerplan van die klaskamer word gebruik.
  • ‘n Grafiek word ontwerp wat voltooi moet word deur inligting in te samel.
  • Optelling en aftrekking word uitgebrei na +4, -4, +5, -5, +6, -6, +7, -7.
  • Samestellings van 10 en 11 word ontdek.
  • Aanwysings word gegee om ‘n vorm te teken en in te kleur.
  • Meting met die duime en vergelyking van hierdie mate, met die gebruik van die relevante woordeskat.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: samestellings van 10 en 11 [lu 1.8, lu 1.9, lu 1.12, lu 3.8]

Die “Onder Tien”-span dra pette en truie met getalle wat saam 10 is as hulle opgetel word.

  • Help vir Sisulo om hulle reg te sorteer.
  • Vind uit hoe die “Onder Elf”-span se pette en truie gesorteer kan word sodat hulle getalle saam 11 is as dit opgetel word.
  • Hierdie getalle maak saam ______ as hulle opgetel word
LU 1.9
  • Daar was ___________ reg.
  • Daar was ___________ verkeerd.
  • Vergelyk met ‘n vriend.
LU 1.8 LU 1.12
+ 1 + 3 - 1 + 4 - 2 + 10
6 7
11
9
10
7
- 2 - 1 + 3 + 1 + 2 - 10
22
16
13
8
46
LU 1.8 LU 1.9

Aanwysings

  • Volg die aanwysings:
  • Begin by 41. Gaan twee kolletjies vorentoe. Beweeg 3 kolletjies op, 4 vorentoe, 3 af, 2 vorentoe.
  • Beweeg nou 4 terug, 3 op, 2 agtertoe en 2 op.
  • Jy behoort nou weer by 41 te wees.
  • Kleur die vorm wat jy geteken het, in.
LU 3.8

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los:

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Assesseringstandaard 1.12: Dit is duidelik wanneer die leerder klasmaats se oplossings vir probleme kontroleer;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.8: Dit is duidelik wanneer die leerder rigting verstaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask