<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 10

Planthabitat

Opdrag 1:

Hou gou ‘n dinkskrum en skryf alle habitatte van plante neer waaraan julle kan dink:

Opdrag 2:

Kies ‘n plant wat in julle omgewing of in julle tuin voorkom. Vind uit:

Hou die plant van min of baie water?

Hou die plant van min of baie sonlig?

Van watter soort grond hou die plant?

Teken die plant in sy natuurlike habitat.

Beantwoord die volgende vrae:

  1. Noem drie dinge wat plante nodig het om te groei.
  1. Wat is die beste soort grond vir plante?
  1. Wat noem ons die gas wat deur plante vrygestel word?
  1. Kan plante hulle eie kos maak?

Iets interessants:

Maak ‘n voëlkoekie om voëls na jou tuin te lok. Jou onderwyser sal vir jou verduidelik hoe om dit te maak.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

Memorandum

Habitat van plante:

  • water: sommige groei onder water en ander groei bo-op die water
  • woestyne: Sommige kan in woestyne groei waar dit warm en droog is en waar water skaars is: kaktusse, vygies
  • berge: hulle moet bitter koue en sterk winde kan trotseer: kosmos, bitterbosse, disa, protea, suikerbos
  • oerwoud: orgideë, varings, mos
  • veld: fynbos, sommige proteas
  • botaniese tuine: gewoonlik inheemse plante
  • semi-woestyn: karoobossies, kaktusse
  • enige ander aanvaarbare antwoord

Beantwoord die volgende vrae:

  1. sonlig, warmte, water
  2. goedgedreineerde, leemgrond vol kompos
  3. koolstofdioksied
  4. Ja

Voëlkoekie om voëls na die tuin te lok

  • Maak ‘n gaatjie aan die onderkant van ‘n 500 ml joghurtbakkie.
  • Steek ‘n stukkie tou van ongeveer 20 cm lank deur die gaatjie en maak ‘n knoop daarin.
  • Maak die kos vir die voëltjies en sit dit binne-in die bakkie. Die kos word so gemaak: smelt ongeveer 125 g vet in ‘n pan en gooi allerhande sade, soos sonneblomme, koring, voëlsaad, neute, harde broodkrummels, hawermout, ens. daarin en meng dit goed. Wag tot dit effens afgekoel het en gooi dit dan in die houer.
  • As die vet hard geword het, haal dit uit die houer en hang dit aan die boom.Hou die voëls lekker dop!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask