<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Volg die volgende instruksies noukeurig vir die maak van die houer.

  1. Neem bylae 1 (laaste bladsy van die module), die deurslagpapier en die A4- karton en plaas dit in dié volgorde onder mekaar. Kram dit bo vas met ‘n krammasjien. Hoekom?
  2. Beantwoord die volgende vrae oor bylae 1.
    1. Hoeveel aaneenlopende geboë lyne is daar?
    2. Hoeveel reguit aaneenlopende lyne is daar?
    3. Hoeveel reguit stippellyne is daar?
    4. Wat is die verskil tussen die stippel- en aaneenlopende lyne?
    5. Wat is die nut van die flappie?
  3. Gebruik ‘n HB-potlood en liniaal en trek die 3D-figuur op die karton oor.

Volgorde : Trek eers die reguit aaneenlopende lyne, dan die reguit stippellyne en dan die aaneenlopende geboë lyne. Maak seker dat alles oorgetrek is.

  1. Verwyder die krammetjies en knip die 2D-vorm uit op die aaneenlopende lyne.
  2. Keep die stippellyne op die kant waar die deurslagpapiermerke is met ‘n skêr en liniaal. Doen dit op ‘n geskikte oppervlakte; oefen eers vooraf sodat jy die kepe nie te diep maak nie.
  3. Vou op die stippellyne met ‘n liniaal.
  4. Bring die stensilontwerp met ‘n koki en met jou gunsteling stensil op die regte kant aan.
  5. Gom die reghoekige flappies onder en die een smal flappie langs die vertikale sy aan die regterkant met houtlym en vorm die 3D-houer. Hou stewig in posisie vas sodat die houer deeglik droog word. (Moenie te veel houtlym gebruik nie. Die oppervlak moet net effens nat wees.)
  6. Vou die vier skulprante oormekaar om die dosie toe te maak.

[LU 1.7]

  1. EVALUERING:

Opdrag 1:

Vra iemand in jou klas met wie jy nie eintlik maats is nie om die volgende vrae oor jou voltooide houer so eerlik moontlik te beantwoord. Indien sy antwoord nee is, moet die maat ‘n rede(s) byskryf hoekom dit so is. Indien die antwoord ja is, moet hy ook kortliks motiveer.

  1. Is die stensilpatroon netjies op die buitekant van die houer aangebring?
  2. Is die houer kleurvol versier?
  3. Is die flappe deeglik vasgeplak?
  4. Het die houer ‘n mooi fatsoen en staan dit mooi regop?
  5. Is die karton diep genoeg gekeep?
  6. Is geen deurslagpapiermerke aan die buitekant sigbaar nie?
  7. Is die houer egalig uitgeknip?
  8. Wat is jou indruk van die houer?

Geëvalueer deur _

Opdrag 2

Voltooi: As ek weer die houer moet maak, sal ek

[LU 1.11]

Opdrag 3

Opdrag aan die onderwyser:

Stal die houertjies m.b.v. leerderhulp in die voorportaal van jul skool uit en beloon die leerders so vir hulle moeite.

Bylae 1

Assessering

LO 1

TECHNOLOGICAL PROCESSES AND SKILLS

The learner will be able to apply technological processes and skills ethically and responsibly using appropriate information and communication technologies.

We know this when the learner:

Investigates:

1.2 finds out about existing products relevant to a problem, need or opportunity, and identifies some design aspects (e.g. who it is for, what it looks like, what it is for, what it is made of);

1.3 performs, where appropriate, scientific investigations about concepts relevant to a problem, need or opportunity using science process skills;

Designs:

  • writes or communicates, with assistance, a short and clear statement (design brief) related to a given problem, need or opportunity that demonstrates some understanding of the technological purposes of the solution;

Makes:

1.7 outlines a plan that shows the steps for making, including drawings or sketches of main parts;

1.8 uses suitable tools and materials to make products by measuring out, cutting or separating, shaping or forming, joining or combining, and finishing the chosen material;

Evaluates:

1.11 evaluates the plan of action followed and suggests improvements and modifications if necessary;

Communicates:

1.12 produces labelled two-dimensional drawings enhanced with colour where appropriate.

1.13 uses appropriate technologies to produce presentations that record and communicate the design process (e.g. simple portfolio, posters, charts, models).

Memorandum

Opdrag 1

houer, geld, verjaarsdag

B Opdrag 1 en 2

Eie diskresie

C Opdrag 1 tot 5

Eie diskresie

Opdrag 6

(a) geboë (c) eie diskresie (d) eie diskresie (e) eie diskresie

D Opdrag 1

HOUER
Soorte materiaal Gereedskap
‘n potlood; ‘n uitveër; ‘n vel A4- karton; witlym; ‘n templaat; deurslagpapier ‘n skêr; ‘n metaalliniaal; ‘n krammasjien
VERSIERING
Soorte materiaal Gereedskap
Koki-penne ‘n sjabloonpatroon

Opdrag 2

(a) nie skuif nie

b) 1. 4

b) 2. 12

b) 3. 12

b) 4. knip uit op aaneenlopende lyne, keep op stippellyne

b) 5. om boksie te vorm / plak aanmekaar

E Opdrag 1

Eie diskresie

Opdrag 2

Eie diskresie

Opdrag 3

Eie inisiatief

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask