<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 47

Ons bespreek die oseane

Aktiwiteit:

Om oor die oseane en die waarde daarvan vir die mens te kan gesels [lu 1.2]

Ongeveer 70% van die aarde se oppervlakte bestaan uit water. Die drie grootste oseane op ons planeet is die Stille Oseaan, die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat is die naam van die grootste oseaan?

2. Watter twee oseane grens aan Suid-Afrika?

3. Hoekom sê ons dat die see ‘n hulpbron vir die mens is?

4. Watter ander produkte lewer die see ook op?

5. Watter sportsoorte word op see beoefen?

Waar woon die diere in hierdie koue gebiede?

Die diertjies woon op die land of in die water.

Robbe swem onder die ysdekke. Hulle het ‘n dik laag vet, wat spek genoem word, onder hulle vel wat hulle lekker warm hou.

Hulle kos:

Miljoene klein kreatuurtjies wat soos garnaaltjies lyk en wat diereplankton genoem word, woon in die ysige see. Hulle word deur visse, robbe, walvisse en seevoëls geëet.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 ondersoek uitvoer en data versamel.

Memorandum

1. Stille Oseaan.

2. Atlantiese en Indiese Oseane.

3. Ons kry visse, haaie, walvisse en ander seediere in die see wat vir die mens eetbaar is. Baie ander goed word ook van skulpe en seeplante gemaak.

  1. Diamante, gas, steenkool en olie.
  2. Seiljagvaarte, ski, bootresies, hengel, kanovaarte, swem, ens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask