<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 3:

Om in staat te wees om die onderwerp, gesegde en voorwerp in ‘n sin te herken; om in staat te wees om selfstandige naamwoorde uit te ken en te gebruik (ook die verboë vorm) en om in staat te wees om die bywoord uit te ken en te gebruik

[lu 6.2]

1. Bepaal die onderwerp, gesegde en voorwerp in die volgende sinne:

1.1 Mnr. Lahti vertel die storie.

1.2 Die kinders ontwikkel steurnisse.

1.3 Die kind aanskou geweld.

2. Kom ons sit nou by elke sin minstens een byvoeglike naamwoord by. Onthou, die b.nw. beskryf altyd ‘n s.nw. (met ander woorde die onderwerp en voorwerp).

2.1 Mnr. Lahti vertel die storie.

1.2 Die kinders ontwikkel steurnisse.

1.3 Die kind aanskou geweld.

3. Nou probeer jy om by elke sin in vraag 2 ook ‘n bywoord by te sit. Onthou, bywoorde gaan saam met die gesegde en daar is ‘n bywoord van plek, wyse en tyd.

4. Skryf die volgende byvoeglike naamwoorde in die korrekte vorm:

  • ‘n (trauma) gebeurtenis
  • ‘n (vatbaar) kind
  • ‘n (misdaad) optrede
  • (verwaarloos) kinders
  • ‘n (geweld) optrede
  • ‘n (evaluasie) program
  • die (dakloos) kinders

Assessering

LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem:
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer:
5.1.1 pas denk- en redenasievaardighede in verskeie kontekste oor die kurrikulum heen en in persoonlike omstandighede toe;
5.1.2 herken en bespreek die skrywer se belangrikste standpunt en perspektief in verskillende tekssoorte;
5.1.3 ontleed oorsaak en gevolg in meer diepte in lineêre tekste en tekste oor die kurrikulum heen (soos deur die onderliggende oorsake en nie die vanselfsprekende nie, te soek);
5.1.4 ontwikkel en gebruik redenasies wat:- die logika duidelik aan die leser / luisteraar maak;- reaksies en teenkanting antisipeer;
5.1.5 stel ‘n teenargument en verskaf alternatiewe;
5.1.6 gebruik feitlike inligting en interpreteer statistiek met toenemende selfvertroue om argumente te staaf;
5.1.7 gebruik eie ervaringe en kontrasteer dit met dié van ander om ‘n standpunt te verduidelik;
5.1.8 gebruik vrae, afleiding en analise om kritiese denke te ontwikkel en probleemoplossing te bevorder;
5.2 gebruik taal om te ondersoek:
5.2.1 stel vrae oor nasionale en kruiskurrikulêre vraagstukke (soos MIV/vigs, verhoging in rentekoerse);
5.2.2 herken wanneer ‘n spreker of bron dubbelsinnig is, bewyse verkeerd gebruik of ongeldige stellings maak en stel gepaste vrae om akkurater inligting te verkry;
5.2.3 bevraagteken en oorweeg moontlikhede;
5.2.4 ondersoek ‘n verskeidenheid benaderings om navorsing oor ‘n onderwerp te beplan, te organiseer en aan te bied (vir Tale en ander leerarea);
5.2.5 oorweeg verskillende perspektiewe wanneer inligting gekies word;
5.2.6 brei die aantal bronne en die metodes uit om relevante inligting te vind (soos die elektroniese en ander media, koerantargiewe, dokumentêre films, gespesialiseerde biblioteke);
5.2.7 werk aan toenemend ingewikkelde projekte oor leerareas heen en lewer ‘n samehangende produk;
5.4 dink kreatief:
5.4.1 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om betekenis te skep en probleme op te los;
5.4.2 verbeel moontlikhede en alternatiewe om denke uit te brei (stel hipoteses en spekuleer);
5.4.3 gebruik ‘n verskeidenheid maniere om idees te ondersoek en uit te brei (soos skryf, teken, dans, rolspel);
5.4.4 dink na oor verskille en gebruik dit skeppend en positief (soos verskille in ervaring, kultuur, belangstelling en persoonlikheid);
5.4.5 vergelyk hoe verskillende tale terme in verskillende leerareas uitdruk en skep skakels om met begrip en probleemoplossing te help.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 gebruik spelreëls en ’n verskeidenheid spel­strategieë om onbekende woorde te spel en bespreek die strategieë wat gebruik word;
6.1.2 skep eie spellys vir moeilike woorde, veral van woorde oor die kurrikulum heen, en bespreek probleemwoorde;
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkappingsteken en aksentteken);
6.1.4 gebruik ’n woordeboek en tesourus met self­vertroue, doeltreffend en gereeld om spelling, woordafleiding en die herkoms van woorde te ondersoek;
6.1.5 gebruik afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels (ook meervoude-, ver­kleinings- en geslagsvorme) doeltreffend om woordeskat uit te brei;
6.1.6 gebruik woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp om woordeskat te ontwikkel;
6.1.7 verstaan dat tale woorde by ander tale leen en hoe nuutskeppinge in ’n taal ontstaan en gebruik dit gepas;
6.1.8 verstaan en gebruik sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme en een woord vir ’n omskrywing gepas binne konteks;
6.1.9 gebruik alledaagse afkortings en akronieme gepas.
6.2 met sinne werk:
6.2.1 identifiseer en gebruik die volgende in konteks:
  • selfstandige naamwoorde (soortname, eiename, versamelname, abstrakte s.nw.),
  • voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, betreklik, wederkerend, vraend, onbepaald, onpersoonlik),
  • hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde en koppelwerkwoorde), medewerkwoorde (hulp­werkwoorde) en deelwoorde (ook in vaste ver­bindings),
  • adjektiewe (ook die verboë vorm, trappe van vergelyking en intensiewe vorme; letterlike en figuurlike gebruik),
  • bywoorde (ook in vaste verbindings),
  • voegwoorde,
  • voorsetsels;
6.2.2 verstaan die grammatikale verskil tussen en funksie van sinsoorte (stel-, vraag-, bevel- en uitroepsinne, asook instruksies) en gebruik dit korrek;
6.2.3 identifiseer en gebruik sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp en byvoeglike bepalings;
6.2.4 identifiseer en gebruik hoofsinne en bysinne (bywoordelik en byvoeglik) gepas;
6.2.5 gebruik tydsvorme korrek en om fokus te wissel, soos die teenwoordige tyd kan ’n gevoel van onmiddellikheid skep;
6.2.6 gebruik die korrekte woordorde in sinne en ver­staan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;
6.2.7 gebruik die aktiewe (bedrywende) vorm en passief (lydende) vorm en verstaan wanneer elkeen gepas is en hoe dit betekenis kan beïnvloed;
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voor­naamwoorde en wissel die gebruik van die twee vorme gepas;
6.2.9 gebruik die ontkennende vorm korrek en op ver­skillende maniere;
6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroep­teken, aandagstreep, hakies, beletselteken, aanhalingstekens, skuinsstreep).

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • as jy TV kyk
  • as jy ligte aanskakel
  • as jy motor ry
  • as jy klere was
  • as jy rommel na vullishope stuur
  • Spaar elektrisiteit.
  • Gebruik ‘n fiets of openbare vervoer.
  • Plant bome.
  • Herwin, want dan stuur jy minder na die vullishope.
  • Vertel ander mense, maak hulle bewus van die probleem.
  • Koop produkte wat reeds herwin is en weer herwin kan word.
  • sonkrag i.p.v. elektrisiteit
  • Koop rekenaars en TV’s wat die etiket dra van ‘n ster met die word “energy” daarby.
  • Alle huishoudings kan gedwing word om hul afval te sorteer en herwinbare afval apart hou.
  • Motoriste moet ekstra betaal as hulle daagliks alleen in ‘n motor werk toe ry.
  • Die regering moet openbare vervoer opknap en beveilig.
  • Skenk gratis bome aan nuwe huiseienaars.
  • Verban plastieksakke.
  • Elektroniese toerusting wat nie die ster-kenteken dra nie, kan verbied word.

AKTIWITEIT 2

  • Gesels oor die probleem van kindermishandeling, molestering, geweld in die gesin, ens.

AKTIWITEIT 3

  • Mnr. Lahti = die onderwerp

vertel = die gesegde

die storie = die voorwerp

  • Die kinders = die onderwerp

ontwikkel = die gesegde

steurnisse = die voorwerp

  • Die kind = die onderwerp

aanskou = die gesegde

geweld = die voorwerp

  • (slegs voorbeelde)
  • Mnr. Lahti vertel die hartseer storie.
  • Die arme kinders ontwikkel geweldige steurnisse.
  • Die onskuldige kind aanskou verskriklike geweld.
  • Mnr. Lahti vertel daagliks die hartseer storie.
  • Die arme kinders ontwikkel dikwels geweldige steurnisse.
  • Die onskuldige kind aanskou soms verskriklike geweld.

Questions & Answers

Application of nanotechnology in medicine
what is variations in raman spectra for nanomaterials
Jyoti Reply
I only see partial conversation and what's the question here!
Crow Reply
what about nanotechnology for water purification
RAW Reply
please someone correct me if I'm wrong but I think one can use nanoparticles, specially silver nanoparticles for water treatment.
Damian
yes that's correct
Professor
I think
Professor
what is the stm
Brian Reply
is there industrial application of fullrenes. What is the method to prepare fullrene on large scale.?
Rafiq
industrial application...? mmm I think on the medical side as drug carrier, but you should go deeper on your research, I may be wrong
Damian
How we are making nano material?
LITNING Reply
what is a peer
LITNING Reply
What is meant by 'nano scale'?
LITNING Reply
What is STMs full form?
LITNING
scanning tunneling microscope
Sahil
how nano science is used for hydrophobicity
Santosh
Do u think that Graphene and Fullrene fiber can be used to make Air Plane body structure the lightest and strongest. Rafiq
Rafiq
what is differents between GO and RGO?
Mahi
what is simplest way to understand the applications of nano robots used to detect the cancer affected cell of human body.? How this robot is carried to required site of body cell.? what will be the carrier material and how can be detected that correct delivery of drug is done Rafiq
Rafiq
if virus is killing to make ARTIFICIAL DNA OF GRAPHENE FOR KILLED THE VIRUS .THIS IS OUR ASSUMPTION
Anam
analytical skills graphene is prepared to kill any type viruses .
Anam
what is Nano technology ?
Bob Reply
write examples of Nano molecule?
Bob
The nanotechnology is as new science, to scale nanometric
brayan
nanotechnology is the study, desing, synthesis, manipulation and application of materials and functional systems through control of matter at nanoscale
Damian
Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?
Damian Reply
what king of growth are you checking .?
Renato
What fields keep nano created devices from performing or assimulating ? Magnetic fields ? Are do they assimilate ?
Stoney Reply
why we need to study biomolecules, molecular biology in nanotechnology?
Adin Reply
?
Kyle
yes I'm doing my masters in nanotechnology, we are being studying all these domains as well..
Adin
why?
Adin
what school?
Kyle
biomolecules are e building blocks of every organics and inorganic materials.
Joe
anyone know any internet site where one can find nanotechnology papers?
Damian Reply
research.net
kanaga
sciencedirect big data base
Ernesto
Introduction about quantum dots in nanotechnology
Praveena Reply
hi
Loga
what does nano mean?
Anassong Reply
nano basically means 10^(-9). nanometer is a unit to measure length.
Bharti
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Privacy Information Security Software Version 1.1a
Good
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask
Carly Allen
Start Quiz
Brooke Delaney
Start Exam