<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Opdrag 6:
1. Hulle oorwinter of slaap of bly baie onaktief (hiberneer).
2. Hulle kry koud en begin bewe ten einde die liggaamstemperatuur te verhoog.
3. Hulle ontwikkel ‘n koors en begin sweet ten einde die liggaamstemperatuur af te bring. Hulle word gouer moeg en rus baie.
4. Die soogdiere versorg hulle kleintjies totdat hulle sterk genoeg is, maar nie reptiele nie. Die kleintjies word nie versorg nie en moet vir hulleself sorg.
5. Ovipaar: lê eiers buite die liggaam
Vivipaar: kleintjie word lewendig gebore
6. Die mens is die hoogsontwikkelde wese en dus neem sy fisiese, emosionele en verstandelike ontwikkeling langer as dié van ander soogdiere.
(i) Ander verskille tussen Vertebrate
Diere verskil ook ten opsigte van hul voeding, bewegingsorgane, maniere van voortplanting en versorging van kleintjies.
Alle diere wat hul kleintjies op melk voed, word soogdiere genoem. “Soog” is die Nederlandse woord vir “suig”. Soogdiere versorg dus hul kleintjies totdat hulle sterk genoeg is om op hul eie te kan oorleef. Hulle is ook warmbloedige diere wat beteken dat hulle liggaamstemperatuur altyd min of meer konstant moet bly.
Die meeste soogdiere is landdiere, bv. hoefdiere (perd), roofdiere (leeu), knaagdiere (rot), insekvreters (krimpvarkie) en mensagtiges (bobbejane). ‘n Paar soorte leef ook in die water, soos die dolfyn, die walvis en die rob.
Reptiele is koudbloedige diere, dit wil sê hulle liggame het min of meer dieselfde temperatuur as die omliggende omgewing. As dit te warm is, sal akkedisse skuiling in die skaduwee gaan soek. Reptiele soog ook nie hul kleintjies nie. Sodra die kleintjies gebore is, gaan hulle hul eie gang en sorg vir hulself.
Opdrag 6: Groepwerk
Bespreek die volgende vrae in julle groepe en beantwoord dit dan in volsinne:
1. Wat doen baie reptiele gedurende die winter wanneer dit baie koud word?
_____________________________________________________________________

(1)
2. Wat gebeur met soogdiere wanneer hulle liggaamstemperatuur te laag daal? Hoekom toon die liggaam sodanige reaksie?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(2)
3. Wat gebeur met soogdiere wanneer hulle liggaamstemperatuur te hoog styg? Hoe word die temperatuur weer herstel?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(2)
4. Hoe verskil die voortplanting van die soogdiere van dié van reptiele?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(2)
5. Die meeste akkedisse is ovipaar en die meeste soogdiere is vivipaar. Vind uit wat dit beteken en verduidelik die verskil.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(2)
6. Die mens soog sy kleintjies die langste. Waarom is dit so?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
SUMMATIEF: 10
Leeruitkomste 2: Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?