<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Om jou woordeskat uit te brei

  • Die woorde/uitdrukkings wat in die volgende opdragte voorkom, is almal in die tekste waarmee julle in hierdie module gewerk het.

1. ’n Dekade is tien jaar. Skryf die woord neer vir

1.1 ’n honderd jaar

1.2 vyftig jaar

2. Wat beteken

2.1 om vir iemand ore aan te sit?

2.2 om ongedeerd daarvan af te kom?

2.3 om jou te pletter te val?

2.4 ’n gesoute marathonatleet?

2.5 Die Kaapse Dokter (anders as “ die Kaapse dokter , dr Hans van Heerden”)?

3. Waarom is die woorde “kussing” en “preek” in die eerste leestuk tussen aanhalingstekens?

LU 6.3

Sommige mense is nou eenmaal net meer waaghalsig as ander. Dink maar aan diegene wat nie kan wag vir die naweek om aan te breek sodat hulle kan gaan rotsklim nie! Ek kry sommer ’n hol kol op my maag as ek net daaraan dink! Dit is vir my erg genoeg om in die kabelkarretjie met sy indrukwekkende kabelstelsel teen Tafelberg op te ry!

’n Mens moet darem baie moed hê om sekere sportsoorte aan te durf.

Is jy ’n bok vir sports?

  • VIR INTERESSANTE INLIGTING KAN DIE VOLGENDE WEBWERF BESOEK WORD: www.baseclimb.com
  • ’n Nuwe, binneshuise klimsentrum, CityROCK, is pas in Observatory, Kaapstad geopen. Dit is Suid-Afrika se grootste 21-eeuse binnenshuise rotsklim-gimnasium. (Bron: JIP, Die Burger, 21 April 2003).

LAAT BERIG – Dr Hans van Heerden (kyk leesstuk by Aktiwiteit 5) het die vyfde plek verower in die strawwe yswedloop by die Noordpool. (Die Burger, 25 April 2003)

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.6 ’n kort, formele praatjie of aanbieding gee.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doel­eindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.3 vir persoonlike besinning skryf;
4.5 mediatekste ontwerp;
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en ge­bruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik;5.2 taal gebruik om te dink;
5.3 inligting insamel en op verskillende maniere opteken.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.6.4 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Eie dagboekinskrywing. Bespreek die elemente van ‘n dagboekinskrywing, bv. dis persoonlik, intiem en in die eerste persoon.

AKTIWITEIT 2

1. Buiteblad-ontwerp: Daar moet eers na verskillende tydskrifte se buiteblaaie gekyk word om ‘n beeld te kry van komposisie en kleur – maak leerders bewus van die feit dat dit aandag moet trek en dus interessant moet wees. Die kuns en kultuur-leerkrag kan dalk hier ‘n inset lewer.

2. Leerders moet eweneens hier leiding kry en voorbeelde ondersoek. Die belangrike feit hier is dat die advetensietjie kort en duidelik moet wees omdat elke woord geld kos. Kontaknommers en / of adres moet gegee word.

AKTIWITEIT 3

1. Dit beteken dit is eie aan die betrokke land, m.a.w. hier sou dit beteken dat dit van Suid-Afrika is.

2. Dit beteken dis van ‘n ander land as die een wat ter sprake is.

3. deelnem er ; fasiliteer der ; mededing er (Wys op die gebruik van die D in fasiliteerder.)

4. Die funksie in hierdie woorde is om ‘n naamwoord te skep – dis elke keer die “naam” van die persoon wat die aksie uitvoer wat deur die werkwoord aangedui word. ‘n Mens kan ook wys dat die werkwoord meeding is, terwyl die naamwoord mededing er is. (Res uit die Nederlands – soek nog woorde wat “mede” bevat.)

5. enige 10 woorde uit module

AKTIWITEIT 4

1-6 Eie naslaanwerk en kort notas daaroor. Aangesien dit verskeie leerareas betrek, kan baie interessante aktiwiteite hieraan gekoppel word, en beide die opvoeder en die leerders se kreatiwiteit en inisiatief kan hoogty vier!

AKTIWITEIT 5

eie voorbereide praatjie

Die opvoeder moet vooraf leiding gee ten opsigte van die aspekte wat in die module onder hierdie aktiwiteit genoem word.

AKTIWITEIT 6

Voorbeeldsinne:

1.

  • Die polisieman het die dief agternagesit en ná ongeveer vyftig meter het hy hom ingehaal en gearresteer. (Hy het vinnig agter hom aan gehardloop.)
  • Omdat daar te min sitplek was vir al die gaste, het die skoolhoof gesê dat die volwassenes eerste moes sitplek kry, en die leerders kon agterna sit as daar nog oop stoele was. (Hulle het later gesit, nadat die ander mense gaan sit het.)

2. ho/ë (Luister na die klank van die eerste lettergreep – dis ‘n oo-klank.) vroe/ë (Die eerste lettergreep - dis ‘n oe-klank.) Die ë dui ‘n volgende lettergreep aan – dis hoekom dit ‘n deelteken genoem word.

3. Lettergrepe: to/ring.

4. Afkorting: km (Let wel: geen punt; kleinletters). Gee nog voorbeelde uit die metrieke stelsel, bv kg, mm, ens.

5. sjirurg

6. rivierwater en damwater (M.a.w. die koppelteken neem die plek in van water.)

AKTIWITEIT 7

1.1 ‘n eeu

1.2 ‘n halfeeu

2.1 om iemand te kul of te uitoorlê

2.2 om nie seer te kry nie – jy het ongeskaad gebly

2.3 om baie seer te kry as jy val, of jou selfs dood te val

2.4 ‘n baie goeie, ervare marathonatleet

2.5 Die “Kaapse Dokter” is ‘n idiomatiese uitdrukking vir die Suidoostewind wat soms baie hard in die Kap waai en die omgewing skoonwaai en dit sodoende kiemvry maak omdat dit van die besoedeling ontslae raak.

3.Titel: As iemand ‘n “bok vir sports” is, is hy/sy baie gretig om pret te maak; hy/sy is nie bang om iets aan te pak nie. Dit hou verband met die onderwerp wat in die module behandel word, want die sportsoorte waarvan hier geskryf is, is uitdagende aktiwiteite en ‘n mens moet bereid wees om te waag. Die laaste s is tussen hakies omdat die onderwerp eintlik sport is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask