<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Taxi A benodig 36,78 liter petrol om sy tenk vol te maak. Om taxi B se tenk te vul, word 29,9 liter petrol ingegooi. Hoeveel meer liter petrol was nodig vir taxi A?
  • Mev. Mmbolo maak gordyne vir haar skool se nuwe klaskamers. As sy vir die grondvloer 172,5 m materiaal benodig en vir die boonste vloer 98,75 m, wat is die verskil in meter wat vir die twee vloere benodig word?
  • Ná die winterreëns het twee damme op ‘n boer se plaas onderskeidelik 459,23 kℓ en 263,587 kℓ water gehad. Wat is die verskil tussen die hoeveelheid water in die twee damme? Gee jou antwoord in kℓ.
  • Die verskil in massa tussen twee diere in die wildtuin is 4,963 kg. As die swaarste een ‘n massa van 75,23 kg het, wat is die massa van die ander een?

2. Vergelyk nou jul antwoorde met dié van ‘n groep wat dieselfde probleem moes oplos.

3. Verduidelik jul oplossing aan die res van die klas.

4. Hou ‘n klasbespreking oor die verskille / ooreenkomste in jul metodes.

Aktiwiteit 5:

Om ‘n reeks strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer en om die redelikheid van die oplossings te beoordeel [lu 1.11]

1. Ons het so pas ‘n paar probleme opgelos en lekker gesels oor die verskillende maniere wat gebruik is om die antwoorde te bepaal. Werk nou saam met ‘n maat. Lees die volgende probleem en werk dan deur die oplossings. Maak seker dat jul goed verstaan presies hoe die antwoord bereken is.

Aftrekking

’n Restaurant gebruik 9,786 liter melk tydens ontbyt en 5,463 liter vir aandete. Hoeveel minder liter melk word vir aandete gebruik?

1.1 Ek moet 9,786 – 5,463 bereken

Ek trek eers die heelgetalle af: 9 – 5 = 4

Dan trek ek die duisendstes af: 6 1000 size 12{ { {6} over {"1000"} } } {} 3 1000 size 12{ { {3} over {"1000"} } } {} = 3 1000 size 12{ { {3} over {"1000"} } } {}

Ek trek nou die honderdstes af: 8 100 size 12{ { {8} over {"100"} } } {} 6 100 size 12{ { {6} over {"100"} } } {} = 2 100 size 12{ { {2} over {"100"} } } {}

Laastens trek ek die tiendes af: 6 10 size 12{ { {6} over {"10"} } } {} 3 10 size 12{ { {3} over {"10"} } } {} = 3 10 size 12{ { {3} over {"10"} } } {}

Nou tel ek die antwoorde bymekaar: 4 + 3 10 size 12{ { {3} over {"10"} } } {} + 2 100 size 12{ { {2} over {"100"} } } {} + 3 1000 size 12{ { {3} over {"1000"} } } {} = 4.323

Die verskil is dus 4,323 liter.

1.2 Ek doen dit presies net soos gewone aftrekking, maar ek skryf net die kommas presies onder mekaar:

9,786

− 5,463

4,323

Die restaurant gebruik 4,323 liter melk minder.

2. Wie se metode verkies jy?

Hoekom?

Aktiwiteit 6:

Om te bereken deur seleksie en gebruik van bewerkings wat geskik is (addisioneel)

[lu 1.8.8]

1. Gebruik nou enige metode en bereken die volgende sonder ’n sakrekenaar:

1.1: 6,42 - 2 98

1.2: 7,23 - 4,57

1.3: 8,123 - 3,545

1.4: 9,236 - 3,457

2. Kontroleer jou antwoorde met ’n sakrekenaar.

Kopkrapper!

Bereken 5 – 1,426

Aktiwiteit 7:

Om probleme in konteks op te los [lu 1.6.2]

Uitdaging!

Hierdie taak kan jy in jou portefeulje plaas. Lees net eers die kriteria vir assessering goed deur voordat jy begin. Vra jou opvoeder vir die nodige papier.

1. Soek voorbeelde van desimale breuke in jou plaaslike koerant / tydskrif. Knip dit netjies uit en plak dit op ‘n vel papier.

1. Skryf die desimale breuke as gewone breuke langs- of onderaan.

2. Bereken nou die verskil tussen die grootste en die kleinste desimale breuk.

3. Bereken die som van die twee grootste desimale breuke.

4. Maak ‘n lys van voorwerpe waarvoor jy nie desimale breuke sal gebruik nie. Maak ‘n netjiese skets van dié voorwerpe.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 die volgende getalle herken en voorstel, sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
1.3.3 desimale breuke in terme van 0,5; 1,5; 2,5, ensovoorts, in konteks van meting;
1.5 ekwivalente vorms van die bogenoemde getalle herken en gebruik, insluitend:
  • desimale breuke in terme van 0,5; 1,5; 2,5, ensovoorts, in die konteks van meting;
1.6 probleme in kontekste oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder, soos:
  • meting in konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;
1.8 deur geskikte bewerkings skat en bereken vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en gebruik:
  • (addisioneel) optel van positiewe desimale tot twee desimale syfers;
1.9 hoofberekenings uitvoer wat die volgende behels:1.9.1 optelling en aftrekking;1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 x 10;
1.10 ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:1.10.2 opbou en afbreek van getalle;1.10.5 gebruik van ‘n sakrekenaar;
1.11 ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel.
LU 2
Patrone, funksies en algebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.6 bepaal, deur bespreking en vergelyking, die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël wat soos volg voorgestel word:
2.6.3 met getalsinne.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

3. Eintlik presies dieselfde.

AKTIWITEIT 3

1. 1.1: 157,727

1.2: 44,519

1.3: 142,498

1.4: 290,126

2. 4,5 m

KOPKRAPPER

0,8: 2,4: 1,9

0,7: 0,3: 2,5: 2,1

0,2: 0,9: 2,7;

AKTIWITEIT 6

1. 1.1: 3,44

1.2: 2,66

1.3: 4,578

1.4: 5,779

KOPKRAPPER

3,574

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask