<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • Behandel eers die gedig met die leerders sonder om na die vrae te verwys. U kan ook daarop klem lê dat die gedig ’n reaksie op ’n ware gebeurtenis is - wat iewers in 1958 afgespeel het. Die heldinnetjie was ’n skrale agt jaar oud.

1. Klara het een koue skemeraand uitgegaan om haar blinde pa te gaan haal wat heeldag houtjies bymekaargemaak het, maar het in die donkerte verdwaal en het daardie nag verkluim.

2. pas binne die rym en ritme van die gedig

3. “maar”

4. wys op haar fisiese kleinheid, maar ook haar broosheid/druk bejammering uit

5. sag/breekbaarwil op die verskriklikheid wys dat iets so sag die dood kan veroorsaak/sou ook kon sê die woord is ’n verdere projeksie van Klara se weerloosheid

6. “Bokveld toe” beteken ook doodgaan.

7. vergelyking: Klara se (bruin) lyk wat inmekaargetrek is, word vergelyk met ’n wingerdstok (wat ook mos nooit reguit is nie)

8. Ja – daardie streek is o.m. bekend vir vrugtreboerdery, waaronder druiwe.Ja – kyk by 7Ja – ons kan byna sien hoe Klara lyk.

9. nou nie meer waar dit gebeur het nie, vertel ook nie meer nie (maar pas toe), kan enige tyd wees, nie noodwendig tydens of kort na gebeure nie

10. steeds na verkluim/koue/feit dat koue die mens kan doodmaak, maar wyer ook – na enige vorm van onnatuurlike dood

11. Ja – kyk ook antwoord by 10.

12. enige plek – nie gebind aan streek (die Bokkeveld)

13. nee – slegs betekenis van “dood”

14. met ’n hart vol (warm van) liefde in die koue gesterf

15. “maar”

16. Besit nie so ’n opofferende liefde soos Klara nie.

17. Wil die naam laat insink.Noem van naam roep telkens die heldedaad op.Daar is sekere sangerigheid in naam wat by ritme van gedig pas.

18. abab cdcd efef

19. kruisrym/gekruisde rym

AKTIWITEIT 2

Laat u lei deur wat die leerders sê. NB dat hulle tog uitkom by: feitelike teenoor emotiewe gegewens, sinne en paragrawe teenoor reëls en strofes met bepaalde rym, bou en ritme; berig gee niks meer, terwyl gedig ook met toepassing van gegewens werk

U sou selfs met ‘n wakker klas die gedig in berigvorm kon laat skryf (of van die berig ’n gedig laat maak) as kontrole om te sien of hulle die verskille in aanbieding raakvat.

AKTIWITEIT 3

U moet asb. self die lengte van die gedig en enige ander vereistes wat u wil stel, bepaal, ook die puntetoekenning en datum van inlewering.

Sien na en gebruik vir portefeulje.

AKTIWITEIT 4

Laat u lei deur leerders se bespreking.

  • Behandel tipiese vorm van berig: Omgekeerde piramiede, eerste par: wie waar, wat, wanneer, waar en hoe? verdere uitbreiding logies in paragrawe
  • Tipiese koeranttaal/woorde: glo/ vermoedelik/bevestig, ens.

Ook hier besluit u self oor die lengte van die skryfstuk, verleen vooraf hulp en gee leiding in die klas. Bepaal ook die puntegewig wat die skryfstuk gaan dra en gebruik dit vir die leereder se portefeulje.

  • As alternatief kan ’n langer SKRYFSTUK i.p.v./naas die berig hier gegee word – al drie die berigte vertel van ’n penarie, maar daar is in al drie ook elemente van die “ander partye” se groot skrik – die werkers op pad wat ’n stem uit die leë huis hoor, die verpleegsters wat ’n dooie sien ontwaak, die slang wat hom sekerlik net so morsdood skrik en vir sy lewe vlug.
  • Dit kan ’n heel prettige lang skryfstuk tot gevolg hê as ’n mens die leerders die saak van die ander kant af laat vertel!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask