<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

Is dit ’n haai of ’n skilpad in die diepsee? Nee, dis ’n hond!

Gerhard de Bruin RAMSGATE

As visser het hy al baie snaakse goed in die see gesien. Daar was reuse-haaie, seeskilpaaie, skeepshouers, drywende skoene en dies meer – maar ’n opregte boerboel wat in die middel van die oseaan rondswem, aikôna.

Maar dit is presies die storie van die grote wat nié weggekom het nie wat mnr. Mark Snyman (33), ’n kommersiële visser van Ramsgate, eendag aan almal sal kan vertel.

Hy en twee vriende, mnre. Lance Dunn en William Lottering, het verlede Sondag in sy skiboot sowat 3 km van die kus by Ramsgate gehengel toe hulle ’n vreemde ding ’n ent van die boot af sien.

“Aanvanklik het ons gedink dit is ’n seeskilpad. Ek het nog vir hulle gesê as dit een is, is dit die moeder van alle seeskilpaaie. Maar toe skielik, met ’n boog uit die water, kom ’n swaaiende stert te voorskyn en ons het besef dit is ’n hond wat daar swem.”

Hy het dadelik die enjin aangesluit en nader gegaan.

“Ek kon my oë nie glo nie toe ons by hom kom en sien, maar my magtie, dit is mos ’n boerboel.”

Die arme hond was baie bang en het probeer wegswem.

“Ons het die enjin afgesluit en vir hom gefluit. Hy het net daar omgedraai en pylreguit na die boot geswem. Toe ons hom in die boot het, was hy so moeg dat hy nie kon staan nie. Hy het op die dek inmekaar gesak. Ons het dadelik vir hom water gegee. Hy was vreeslik dors.

“Later toe ons aan wal gaan, het hy ook drie bakke kos verslind.”

Hulle het die hond summier Lucky gedoop.

“Waar hy vandaan kom, weet nugter. Dalk het hy op die strand gespeel, in die water beland en is deur ’n stroom meegesleur.

“Of dalk het hy van ’n boot geval. Niemand weet nie.

“Ek is net bly dat ons hom kon red voordat hy verdrink het of deur ’n haai verskeur is.”

Hy en sy vriende is gek na die hond van sowat tien maande oud en wil hom graag hou.

Vir die wis en die onwis is hy egter by die Dierebeskermingsvereniging, ingeval iemand hom opeis.

“Maar voordat iemand hom sal kan opeis, sal die baas baie mooi moet verduidelik wat hy so diep die see in gedoen het sonder dat iemand hulp gaan soek het.

“As niemand hom binne die volgende week opeis nie, is hy ons s’n. Met sý geluk is hy net die gelukbringer wat ek vir my visbedryf nodig het.

“En glo vir my, aan my sy sal hy nie naby die water kom sonder dat hy minstens twee reddingsbaadjies aan het nie.”

Uit: Rapport , 23 Feb. 2003

AKTIWITEIT 1

1. haaieseeskilpaaieskeepshouersskoene

2. kommersiële visser

3. gehengel

4. groot seeskilpad

5. die swaaiende stert

6. bang / hy het weggeswem

7. enjin afgesit / gefluit

8. gespeel en in water beland / van ’n boot geval

9. boerboel

  1. Hy gaan twee reddingsbaadjies aantrek.

AKTIWITEIT 2

Probeer tog gerus om ’n Afrikaanse fliek vir hulle te wys. Wat van Paljas, Klara Viljee, Fiela se kind, ens. ?

  • Onthou, as u al moeg nagesien is, kan die leerders uitruil en dit self doen.

AKTIWITEIT 3

1.1 die boei om jou arm

1.2 lyk in lykshuis

2.1 afgesaagde (sien vraag 3)

2.2 skyn

3.1 geykte

3.2 deurtrapte

3.3 holruggeryde

3.4 stereotiepe

4.1 omslae

5.1 dolverlief / smoorverlief

5.2 splinternuwe

6.1 uitgesproke

6.2 romantiese

  • tradisionele
  • smaak i.p.v. proe
  • feminis

AKTIWITEIT 4

1.1 ’n Mynveld van potensiële skryftemas word deur misverstande geskep.

1.2 Sy sal deur die spreekwoordelike ridder na die Mei-dans gevra word.

1.3 Die video is deur my en ’n vriend uitgeneem.

1.4 Die fliek is (deur hulle) met ’n video-kamera geskiet.

2.1 Die fliek is so voorspelbaar; dus word dit later lagwekkend.

2.2 Hy beland in die tronk, aangesien een van sy vriende hom verraai het.

2.3 Een van sy vriende het hom verraai; gevolglik beland hy in die tronk.

2.4 ’n Mens is versigtig vir liefdesverhale omdat hulle meestal erg soetsappig is.

3.1 Nee, ons sal nooit nuwe liefdesverhale kry nie.

3.2 Nee, ek het nog nooit hierdie jeugboek gelees nie.

3.3 Nee, ek kan niks goeds oor die fliek sê nie.

3.4 Nee, Snoop Dogg het nêrens sukses behaal nie.

3.5 Nee, Killa Pop was nog nooit ’n dwelmhandelaar nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask