<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LEWENSVAARDIGHEDE

Graad 3

Waar kom ons vandaan?

Module 3

‘n rolmodel!

Ons jong rolmodelle

Polisie-inspekteur: letitia roux

Letitia is ‘n polisie-inspekteur, sangeres en ‘n gemeenskaps-werker. Sy het nog vele ander talente.

Sy is in 1991 by die polisie-kollege in Bishop Lavis in Kaapstad opgelei. Sy wou graag kinders en vroue help wat mishandel word.

Sy glo alles is moontlik as jy God aan jou kant het.

Sy het haar eie liedjies geskryf. Haar CD se naam is: Women of Strength. Sy het self haar CD’s bemark en versprei.

Sy word beskou as ‘n rolmodel vir die jeug en ‘n ambassadeur vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Swemmer: penny heyns

Penny Heyns is ‘n dubbele Olimpiese kampioen en die houer van 2 wêreldrekords.

Dit was egter nie ‘n maklike pad vir haar nie. Dit is alles net harde werk!

Penny is op Amanzimtoti aan die Natalse kus gebore. Sy het 2 jonger broers, Etienne en Stefan.

Sy was lid van die S.A. skolespan.

Penny se sterkste motivering, is dat sy ‘n gelowige Christen is. Waar sy gaan en reis, is dit vir haar maar ‘n eensame wêreld. Sy het ‘n geweldige deursettingsvermoë.

Wanneer sy verloor, is dit weer vir haar ‘n nuwe uitdaging om wel te verbeter.

Sy woon tans in Kanada, maar probeer om gereeld ‘n besoek aan haar familie in SA te bring.

Sy het ook ‘n goeie sin vir humor.

Haar beste raad aan jong mense is:

Jy moet weet dat God jou uniek geskape het, met jou eie talente en vermoëns en om dit te ontwikkel en te gebruik.

M-Net-aanbieder: Monique Strydom

Monique Strydom en haar man Callie is ‘n paar jaar gelede gedurende ‘n vakansie deur die Abu SAYYAF-Rebelle op die eiland Jolo gevange geneem as gyselaars.

Hulle was vir 127 dae in die oerwoud. Hulle deursettingsvermoë en geloof het miljoene ander mense aangemoedig om ook in God te glo.

Monique het op skool straatwerk in die Kaap gedoen.

Monique het drama studeer en het later haar eie kommunikasiemaatskappy in Malawi gehad. Sy bied ‘n program op M-Net aan.

Sy werk ook aan ‘n projek teen kindermishandeling. Sy is baie lief vir kinders. Sy sê ons moet kyk na die toekoms en positief wees.

Hierdie drie vroue het in Suid-Afrika en in die res van die wêreld by verskillende geleenthede opgetree waar hulle meer oor hulle ervaringe gepraat het.

  • Onderstreep die eienskappe wat jy by hierdie drie vroue herken.
NEDERIG JALOESIE VOLHARD
ENTOESIASTIES TROTS ONGEDULDIG
VRIENDELIKHEID LOJAAL POSITIEF
  • Dink bietjie aan nog ander persone soos sakeleiers of sportsterre wat in julle gemeenskap woon. Vra vir Mamma of Pappa om jou te help. Skryf hulle name neer.
  • Wat het hy of sy al vir julle dorp of gemeenskap gedoen of beteken?

Wie is jou sportheld?

  • Watter soort sport beoefen hy/sy?

Kom vertel vir jou klas ietsie meer oor jou sportheld.

  • Plak ‘n foto of teken ‘n prentjie van jou sportheld.
  • Werk in groepe en maak plakkate met SA se verskillende sporthelde.

Assessering

ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIENTERINGLU 2
SOSIALE ONTWIKKELING:Die leerder sal in staat wees om ‘n begrip van en verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede te demonstreer, en om ‘n begrip van uiteenlopende kulture en godsdienste te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.4 stories van vroulike en manlike rolmodelle uit ‘n verskeidenheid plaaslike kulture kan vertel
LEWENSORIENTERINGLU 3
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.5 groepwerkvaardighede identifiseer en konsekwent toepas.
EBWLU 1
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.5 ‘n paar sakeleiers en entrepreneurs in sy of haar eie gemeenskap kan identifiseer.

Memorandum

  • Neem die leerders op ‘n uitstappie na die museum.
  • Nooi ‘n bekende persoon om met die leerders te kom gesels.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask