<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Bewerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
1.1 die historiese ontwikkeling van getallestelsels in ’n verskeidenheid historiese en kulturele kontekste (insluitend plaaslik) kan beskryf en illustreer;
1.2 rasionale getalle (insluitend baie klein getalle in wetenskaplike notasie) herken, gebruik en kan voorstel en gemaklik tussen ekwivalente vorms in geskikte kontekste kan beweeg;
1.3 probleme in konteks kan oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om bewustheid by leerders te onwikkel van ander leerareas sowel as van menseregte, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies soos:
1.3.1 finansiële kontekste (insluitend wins en verlies, begrotings, rekeninge, lenings, enkelvoudige en saamgestelde rente, huurkoop, wisselkoers, kommissie, verhuring en die bankwese);
1.3.2 metings in die konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;
1.4 probleme oor verhouding, koers en eweredigheid (direkte en omgekeerde) oplos;
1.5 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme te kies en te gebruik en die redelikheid van resultate te beoordeel (insluitend meetprobleme wat rasionale benaderings van irrasionale getalle behels);
1.6 ’n verskeidenheid tegnieke en instrumente (insluitend tegnologie) gebruik om berekeninge doeltreffend en met die nodige mate van akkuraatheid te doen, insluitende die volgende reëls en betekenisse van eksponente (leerders behoort in staat te wees om hierdie reëls en betekenisse slegs in berekeninge te gebruik):
1.6.1 x n × x m = x n + m
1.6.2 x n x m = x n – m
1.6.3 x 0 = 1
1.6.4 x –n = 1 x n size 12{ { {1} over {x rSup { size 8{n} } } } } {}
1.7 die eienskappe van rasionale getalle herken, beskryf en gebruik.

Memorandum

TOETS: GETALLESTELSELS DATUM: NAAM:

Aan watter versameling (s) behoort elke getal? Vereenvoudig die getalle, indien nodig, en voltooi dan die tabel deur kruisies onder alle gepaste kolomopskrifte te maak.

TOETS – Memorandum

Memoranda

KLASOPDRAG

1.1 Ja; enige informele “bewys” is aanvaarbaar.

1.2 Soos 1.1

1.3 Nou kom nul en negatiewe getalle te voorskyn. Die verduideliking is nie ter sake nie – slegs die feit dat die leerder daaroor dink.

2.1 N 0 = {0 ; 1 ; 2 ; . . . } en Z = { . . . –3 ; –2 ; –1 ; 0 ; 1 ; 2 ; 3 ; . . .}

3 Nou kom breuke ook te voorskyn. Maak duidelik dat heelgetalle ook as breuke geskryf kan word, en dat dit dikwels handig is om dit so te doen.

4.1 Nie alle leerders sal hier sukses behaal nie. R ` is die antwoorde wat ons kry as ons die vierkantswortel (onder andere) van ‘n negatiewe getal neem.

TAAK

2. Wys leerders daarop dat nul ontbreek uit die tabel.

HUISWERKOPDRAG

1. Beklemtoon dat nul benodig word:

Die konsep van plekwaardes is streng afhanklik van die waarde nul.

Dit skei negatiewe en positiewe getalle.

Dit stel “niks” voor.

Dit word algebraïes gedefinieer as a + (– a ).

Mens kan hier vertel dat die gedagte en simbolisering van nul uit die Ooste gekom het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask