<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Telekommunikasiedienste en inligtingstegnologie

Module 15

Elektroniese bankgeriewe

1.outobankgeriewe

Die eienaars van sakeondernemings is besige mense en wil nie te veel tyd aan banksake wy nie. Banke bied elektroniese oplossings wat baie tydbesparend is.

Almal kan egter toegang hê tot elektroniese bankgeriewe. Op elke dorp het die verskillende banke elektroniese geriewe wat tot al hul kliënte se beskikking is.

Selfs by groot motorhawens is daar outomatiese banktellers, die AutoBank waar mense hul banksake kan doen te enige tyd hul banksake kan doen sonder om binne die bank in ‘n tou te staan. Die volgende transaksies kan by ‘n outobank gedoen word:

  • kontant onttrek
  • geld of tjeks deponeer
  • ‘n saldonavraag doen
  • ‘n mini-staat aanvra
  • geld oorplaas tussen gekoppelde rekenings

2. Aanlyn-bankdienste

Hierdie diens maak dit moontlik om banktake vanuit die gerief van ‘n mens se huis of kantoor te doen.

  • Selfoon Internetdiens

Hierdie stelsel maak dit moontlik om toegang te verkry tot die bank se selfoon bankdiens via die Internet deur die gebruik van jou selfoon. Die volgende transaksies kan uitgevoer word:

  • Saldonavraag
  • Betalings op rekenings maak
  • Geld oorplaas tussen rekenings
  • Mini-state aanvra van die laaste vyf transaksies
  • MTN en Vodacom vooruitbetaalde lugtyd herlaai
  • Oortrokke banksaldolimiet vermeerder of verminder

3. Telefoon-bankdienste

Jou telefoon verleen toegang tot jou bankrekening 24 uur per dag, sewe dae van die week. Jy kan jou banksake van die huis of kantoor doen, uit jou motor, en selfs op die strand.

Sodra jy geregistreer het vir telefoniese bankgeriewe, kan jy:

  • betalings maak
  • geld oorplaas tussen die gekoppelde rekenings
  • bevestiging per faks van die transaksies, en afskrifte van state ontvang
  • saldo-navrae op rekenings doen
  • oortrokke saldolimiet op rekenings vermeerder of verminder
  • voorafbetaalde lugtyd van selfone herlaai
  • transaksies per faks bevestig
  • bankstate per faks ontvang

4. Internet-bankdienste

Hierdie fasiliteit verleen toegang tot jou persoonlike en besigheidsrekenings aanlyn, te enige tyd vanaf enige plek. Hierdie diens is sewe dae per week, 24 uur dag beskikbaar. Hierdie stelsel gee aan jou die vryheid om jou bank-ure self te kies, wat groter beheer oor jou finansies meebring. Dit is veilig en maklik om te gebruik.

Hierdie stelsel bied die volgende:

  • voorlopige bankstate kan aangevra word
  • rekeningbetalings kan gemaak word
  • eenmalige betalings kan gemaak word
  • vooruitgedateerde betalings kan gereël word
  • herhaalde paaiemente kan gereël word
  • oorbetalings tussen rekenings kan gedoen word
  • debietorders en tjeks kan gestop word
  • oortrokke fasiliteite kan vermeerder of verminder word

Aktiwiteit 1:

Om die onderskeie dienste aan te dui wat deur elke bankdiens verskaf word

[LU 3.4]

Dui met ‘n regmerk of kruisie in elke kolom die diens wat verskaf word, aan.

InternetBankdiens TelefoonBankdiens SelfoonBankdiens
Verskaf ‘n opgedateerde rekeningbalans
Verskaf ‘n mini-rekeningstaat
Verskaf ‘n voorlopige rekeningstaat
Rekenings kan betaal word
Betaal fondse oor na ander rekenings by daardie bank
Vermeerder of verminder oortrokke bankfasiliteit
Kanselleer betalings en debietorders

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.3 die belangrikheid van administrasie in die bestuur van ‘n sakeonderneming bespreek;
3.4 die gebruik van tegnologie in telekommunikasiedienste (bv. selfone) en finansiële transaksies (bv. OTM, internet) in die verbetering van administrasie, kommunikasie en toegang tot inligting bespreek.

Memorandum

Elektroniese Bankgeriewe

  • Leerders kan inligtingsbrosjures en pamflette by die onderskeie banke op die dorp kry. Laat hulle die inhoud bestudeer en terugvoer aan die klas gee.
  • Opvolgend bespreek die onderwyser die verskillende dienste soos in die module vervat.
  • Leerders kan ook advertensies in koerante en tydskrifte wat bankdienste adverteer, as plakkate in die klaskamer opsit.

Aktiwiteit 1

InternetBankdiens TelefoonBankdiens SelfoonBankdiens
Verskaf ‘n opgedateerde rekeningbalans
Verskaf ‘n mini-rekeningstaat
Verskaf ‘n voorlopige rekeningstaat
Rekenings kan betaal word
Betaal fondse oor na ander rekenings by daardie bank
Vermeerder of verminder oortrokke bankfasiliteit
Kanselleer betalings en debietorders

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask