<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Die toebels

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.

Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.

Skrif
en , , , ,
klanke ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders kan betrokke raak deur mense wat rampe oorleef het, te help.

n Gesonde omgewing

  • Reën is belangrik vir mens en dier.

Menseregte

  • Elkeen het ‘n reg tot skoon drinkwater.

Leerders afdeling

Inhoud

Die toebels

Jy onthou seker nog vir Willie Waps en al die ander Wapse wat in hulle boomhuisies in die bos woon. En jy onthou seker nog die paadjie oor die rivier, teen die berg op en met die lang kronkelpad langs tot binne-in die bos waar die Wapse woon.

As jy versigtig met hierdie pad tot in die bos sou stap en nie te veel lawaai maak nie, sou jy dalk, as jy gelukkig is, een van die Toebels langs die pad kry. Maar jy sou mooi moes kyk, want die Toebels is baie skaam en hulle is nog ‘n bietjie kleiner as die Wapse.

Die Toebels woon nie in die bos nie. Hulle woon in die grasveld voor die bos. En omdat daar so baie gras en so min bome is, woon die Toebels ook nie in boomhuise nie. Dit sou moeilik wees, en hulle sou vreeslik moes baklei oor die paar bome wat daar staan. Nee, die Toebels woon in tonnels in die grond.

Hierdie tonnels is nie sommer gewone tonnels nie. O nee! Die Toebels woon nie in erdvarktonnels of ou haasgate nie! Hulle woon in pragtige kamertjies in lang, groot, skoon tonnels. Dis natuurlik nie maklik om so ‘n tonnel te grawe nie. Hulle grawe lank om hulle huisies te maak. Dikwels help die molle hulle om vinniger te werk.

Jy sou seker dink dat so ‘n tonnel baie koud en donker is, maar dit is glad nie! Die molle maak spesiale luggate na die grond toe en verder brand daar oral in die tonnels klein lampies om vir die Toebels lig te gee.

Die Toebels en die Wapse is goeie maatjies. Al is die Toebels kleiner en al het hulle krulhare, en al woon die Wapse in boomhuise en is hulle bene baie krommer, is hulle altyd vriendelik met mekaar en help mekaar graag. Die Toebels leer vir hulle kinders dat die Wapse ook baie spesiaal is, al lyk hulle anders, en die Wapse leer vir hulle kinders dat dit nie belangrik is waar jy woon of hoe jy lyk nie. En omdat hulle almal dit verstaan, woon die Wapse en die Toebels in vrede saam.Questions

Hier is die toebels!

  • Kleur die prent in
  • Lees en leer die gediggie. Versier daarna die bladsy.

My hare krul woes in die lug

joune is glad en lank.

Al speel jy beter bal as ek,

sal ek nie daaroor sug.

My ouma sê ek sing weer mooi,

ek doen my somme reg.

Al is my hare bietjie woes,

my wange is mooi rooi.

Ons lyk mos nie dieselfde nie,

ons is nie ewe slim.

Maar ons speel almal lekker saam,

verskille traak ons nie.

LU 2.3
LU 4.1
LU 4.1
  • Ek lees al stories! Teken die prente.

Willie teken in sy boomhuis. Tessie slaap in haar bed. Hulle woon almal in die bos. Meneer Mol woon ook in die bos. Hy ry met die trein onder die grond.

Willie is maatjies met die Toebels. Die Wapse woon in boomhuise. Die Toebels woon in tonnels onder die grond. Die Toebels speel wegkruipertjie saam met Willie en Kassie.

LU 3.4
LU 4.1
p P pappa paal
prent perd prinses
pruim pop piesang
b B baba bak
bok bobbejaan braai
bek bal bakkie
LU 3.4
  • Ek skommel die woorde om ‘n sin te maak.
speel. Willie Gaan
woon in Toebels tonnels.
met Bienkie speel Makkie.
trein. Meneer Mol Ry
LU 5.3
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask