<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Aktiwiteit:

OPDRAG 1

  • Plantstingels se funksie, soos wat jy reeds aangedui het, is om die blare en die blomme, en na ‘n tyd selfs die vrugte, van ‘n plant so te dra dat dit mooi blootgestel is vir sonlig, bestuiwingsagente en vrugverspreiders respektiewelik.
  • In groot bome word die stingel later die stam en is natuurlik baie verdik en verstewig met bas en ander strukture.
  • Binne-in die plantstingel moet daar ook vervoerkanale wees vir die hoofprodukte wat heen en weer moet gaan. As jy besef dat die water van die onderste punt van wortels moet kan gaan tot die hoogste puntjie van die boonste blaar, besef jy ons het ‘n vervoerpypleiding vir die water en minerale soute nodig. Die buise in die stingel noem ons XILEEM .
  • Die blaar maak weer op sy beurt stysel en suiker en dit moet weer na al die selletjies, selfs dié aan die onderse wortelpunt, gaan en kan nie in dieselfde pypleiding as die water gaan nie, want dan sal alles deurmekaar raak. Die spesiale pypleiding vir die kos noem ons FLOËEM.
  • Aan die buitekant van ‘n stingel is daar ook nog verskille.
  • Kruidagtige stingels is groen en sag, terwyl houtagtige stingels bruin en hard is.
  • Die eenjarige monokotiel het gewoonlik sagte groen kruidagtige stingels en die
  • Meerjarige dikotiel, soos ‘n vrugteboom, het harde, bruin houtagtige stingels.
  • Gepraat van vrugtebome – hulle is bladwisselend – dit beteken hulle verloor hulle blare in die herfs.
  • As jy bewus is van die feit dat die blare die belangrikste komponent is in asemhaling by plante en vrugtebome en dat bladwisselende soorte hulle blare elke winter verloor – hoe op aarde haal hulle dan asem? Eintlik moet ons vra: Hoe vind gaswisseling plaas?
  • Let nou op na die bruin, houtagtige takkie wat jy gepluk het. Die kanse is goed dat jy klein wit spikkeltjies op hierdie bruin takkies sien. Ons noem dit LENTISELLE en dit sal as gaswisselingsopeninkies dien in die winterseisoen.

OPDRAG 2

DELE OP ‘N STINGELPUNT

Eindknop: boonste knop by ‘n stingel – waar groeipunt sit.

Apikale meristeem: groeipunt weefsel aan die boonste punt.

Litte: stukke op die stingel tussen knope.

Knope: area op stingel waar knoppe en blare en systingels uitgroei.

Blaarlittetekens: merkies op stingels waar vorige blare afgeval het.

Oksel: area in ‘n knoop waar knoppe gaan uitgroei.

Skubblare: beskermende blare wat eindknop en ander groeiknoppe beskerm.

1. houtagtige takkie en kruidagtige takkie: sketse

Hooffunksies van stingels:

dra blare sodat hulle kan fotosintetiseer;

dra blomme sodat hulle bestuif kan raak;

dra vrugte sodat hulle versprei kan word;

vervoer water en voedingstowwe tussen die blare en die wortels.

OPDRAG 3:

  • Die volgende kolomgrafiek toon die lengtegroei van ses verskillende sonneblomsaailinge (K,L.M,N,O,P) die eerste week na ontkieming aan.

1. histogram het spasies tussenin

2. M – hoogste gegroei

3. sowat 6 mm

4. L en N

5. 8-7=1mm

6. 12-6= 6mm

7. selle verdeel – selle verleng en differensieer = groei

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask