<< Chapter < Page Chapter >> Page >
NUWE WOORDE
vinne - fins anaalvin - anal fin
stertvin - tailfin buikvin - pelvic fin
borsvin - pectoral fin rugvin - dorsal fin
boontoe swem - swim upwards dryf aan - drives

Visse gebruik hulle vinne om mee te swem. Die stertvin is soos ‘n roer. Dit stuur en dryf die vis aan deur die water. Die borsvinne, een aan elke kant, is soos ons arms en word gebruik om mee te draai, te duik en te stop. Die rugvin en anaalvin hou die vis regop. Die buikvin, een aan elke kant, is soos ons bene en help die vis om boontoe te swem in die water.

Beantwoord nou die volgende vrae deur slegs W (waar) O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede) te skryf.

  1. Visse gebruik hulle skubbe om mee te swem.
  2. Hierdie vis het vyf soorte vinne.
  3. Die stertvin stuur die vis deur die water.
  4. Die borsvinne doen die werk van arms.
  5. Die rugvin en anaalvin hou die vis regop.
  6. Hierdie vis het twee buikvinne wat hom help om te duik.
  7. Die vis se oor sit agter die oog.
  8. Hierdie vis het nie tande nie.
  9. Die buikvin is onder sy maag.
  10. Die vis het nie ooglede nie.

SELFASSESSERING ONDER LEIDING VAN DIE OPVOEDER:

LU 3.3.4

Verkleinwoorde

As iets klein is, skryf ons gewoonlik –ie, --jie, --tjie, --pie, --kie of –etjie agteraan die woord.

  1. Lees die paragraaf oor die bloublasie en onderstreep al die verkleinwoorde.

Omdat ons net ‘n klein deeltjie van sy liggaampie bo die water sien, is die bloublasie soos ‘n ysbergie. Die grootste deel is onder die water. Die bloublasie is eintlik ‘n kolonietjie diertjies. Onder die water hang daar tentakeltjies waarmee hy klein vissies verlam. Die deeltjie wat op die branders dryf, word uit ‘n klein gaskliertjie in sy sytjie gevul. Die kleintjies bly na geboorte vasgeheg totdat hulle groot genoeg is om weg te dryf.

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

Leer nou hierdie spelreëls oor verkleinwoorde.

Jou opvoeder sal jou kennis en spelling toets.

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.3 gebruik die addisisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.3 beskryf ‘n proses;
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is;
2.3.6 voer ‘n klasopname uit (soos voer onderhoude met klasmaats en teken reaksies op ‘n tabel of grafiek aan);
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op;
2.4.4 verbeel haar/hom moontlikhede en beskryf dit.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym;
3.2.4 vergelykings;
3.3 lees vir inligting:
3.3.4 lees tekste oor die kurrikulum heen (soos handboeke van ander leerareas);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek;
3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 5 000 woorde te mik.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 gebruik ‘n raam of struktuur om ‘n eenvoudige verslag te skryf (soos vir ‘n wetenskapeksperiment);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.5 verstaan die skryfproses:
4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk), lees dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 verkry en gebruik inligting uit materiaal wat in Tale en ander leerareas gebruik word;
5.1.3 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en-konsonante (soos: wanneer, gelukkig);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief);
6.2.8 persoonlike, besitlike, vraende en betreklike voornaamwoorde;

Memorandum

  • Die Amerikas verskyn nie op Hekatäus se kaart nie, en ook nie die hele Afrika nie.
  • sewe
  • Italië, Griekeland, Wes-Europa (Spanje, Portugal, Frankryk) Noord-Afrika, Egipte
  • Tussen Noord-Afrika en Europa (in die middel)
  • Okeanos

2.

  • walvis
  • pikkewyn
  • rob
  • seeperdjie
  • kreef
  • dolfyn
  • paling
  • haai

5.

(a) O

(b) W

(c) W

(d) O

(e) W

(f) W

(g) OB

(h) OB

(i) W

(j) W

6. (a)

  • deeltjie
  • liggaampie
  • bloublasie
  • ysbergie
  • kolonietjie
  • diertjies
  • tentakeltjies
  • vissies
  • deeltjie
  • gaskliertjie
  • sytjie
  • kleintjies

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask