<< Chapter < Page Chapter >> Page >

B. Beantwoord nou die volgende sinne in die ontkenning.

Begin elke antwoord met Nee, .....

1. Hou iemand van die tydskrif se voorblad?

2. Het daardie artikel êrens verskyn?

3. Trek iets op die voorblad jou aandag?

4. Sal jy dit ooit koop?

5. Het jy al ooit so ‘n swak advertensie gesien?

6. Gaan jy die tydskrif nog koop?

7. Het jy al so baie interessante artikels gesien?

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

LU 6.3.10

4. SKRIFTELIKE WERK

Vir hierdie aktiwiteit het julle ou, Afrikaanse tydskrifte nodig. Blaai deur ‘n tydskrif en soek twee advertensies. Die eerste advertensie moet handel oor iets wat jy baie graag wil hê of gebruik en wat na jou mening ‘n uitstekende advertensie is. Die tweede advertensie moet handel oor iets wat jy glad nie wil hê of gebruik nie en wat na jou mening ‘n baie swak advertensie is. Knip hierdie advertensies uit en plak hulle of kram hulle vas aan die volgende twee bladsye. Skryf dan onderaan ‘n paragraaf waarin jy beskryf waarom die advertensie geslaagd is of nié geslaagd is nie.

Jy sal dus verduidelik:

Hoekom die advertensie jou oortuig dat dit ‘n goeie produk is en hoekom jy dit wil hê;

Hoekom die advertensie jou nié oortuig dat dit ‘n goeie produk is nie en jy dit dus nié wil hê nie. Dus, in die ontkennende vorm geskryf.

5. MONDELING

Verdeel weer in julle groepe. Julle gaan in julle groep saamwerk en ‘n advertensie maak wat goed sal werk vir televisie.

Kyk televisie vir so twee aande en besluit in julle groepe watter advertensies goed is.

Besluit nou oor die volgende:

  • Wat is julle produk se naam? (Onthou, dit moet ‘n Afrikaanse naam wees.)
  • Wat gaan julle alles gebruik vir julle advertensie? Sekere musiek of ‘n liedjie, kinders, diere, strokiesprentkarakters, ‘n beroemde mens of mense, ‘n sekere storie, ensovoorts?
  • Is julle advertensie komies of ernstig?
  • Wie van julle gaan praat?
  • Watter bewegings gaan julle uitvoer?
  • Wat het julle alles nodig vir julle advertensie?
  • Kostuums, grimering, agtergrond, by-effekte, hulpmiddels, ensovoorts.

Julle opvoeder sal vir julle genoeg tyd gee om in die klas te oefenen voor te berei. ONTHOU: AL DIE GROEPLEDE MOET DEELNEEM!!

6. INDIVIDUELE OPDRAG

Elke groeplid kan nou ‘n tydskrifadvertensie maak. Gebruik sommer dieselfde produk as wat julle groep vir die televisie-advertensie gebruik het. BAIE BELANGRIK: Die slagspreuk moet minstens twaalf Afrikaanse woorde bevat.

Hou die volgende in gedagte voordat jy begin:

  • Is die advertensie op kinders of volwassenes gemik?
  • Is dit ‘n snaakse of ernstige advertensie?
  • Gaan dit ‘n kleurvolle advertensie wees?
  • Wat gaan jou slagspreuk wees?
  • Hoe kan jy seker maak die produk gaan verkoop?

Gebruik ‘n A4-grootte vel papier vir die advertensie.

Gebruik die volgende assesseringsruit om ‘n maat se advertensie te assesseer.

  • Nooi ‘n gas / die skoolhoof na julle klas toe om al die televisie-advertensies en ook die tydskrif-advertensies te kom beoordeel en ‘n 1 ste , 2 e en 3 e plek toe te ken.
  • Kan iemand aan ‘n oorspronklike naam vir die toekenning dink?

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidinheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos Ek dink jy moet ...);
2.3 toon ontikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinaksent, intonasie, ritme;
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer.
LU 3
LEES EN ONDERSOEK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak);
3.4.2 lees eenvoudige diagramme, grafieke en tabelle;
3.5 ontleed advertensies en pamflette;
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.1 pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe (soos: soeklees ‘n telefoongids; stiplees instruksies; vluglees ‘n koerant se opskrifte);
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.1 woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: vriende, wêreld,vyftien, wanneer);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.10 die ontkennende vorm (soos: Ek hou nie van brood nie; Niemand sal dit doen nie);
6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde.

Memorandum

1. eie keuse

2.

(1) Nommer Een

(2) Tieners

(3) Suid-Afrika

(4) Kalifornië

(5) Elke Woensdag

(6) 20,95

(7) ja

(8) ja

(9) CD

  1. Bonkige Bruno

3. A.

1. Nee, hy drink nie graag lemoensap nie.

2. Nee, sy hou nie van gaskoeldrank nie.

3. Nee, water is nie die gewildste drankie nie.

4. Nee, ek dink nie dit is ‘n goeie advertensie nie.

B.

1. Nee, niemand hou van die tydskrif se voorblad nie.

2. Nee, daardie artikel het nêrens verskyn nie.

3. Nee, niks op die voorblad trek my aandag nie.

4. Nee, ek sal dit nooit koop nie.

5. Nee, ek het nog nooit ‘n swak advertensie gesien nie.

6. Nee, ek gaan nie die tydskrif koop nie.

7. Nee, ek het nog nooit so baie interessante artikels gesien nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask