<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Sakkevol geld!

Module 6

Markdag!

  • Kyk na die advertensies op die advertensieblad (Juffrou sal vir jou een gee).
  • Kies een van die advertensies.
  • Vertel vir die klas waarom jy die advertensie gekies het.

Ek het hierdie advertensie gekies

  • Ek kan verduidelik waarom ek hierdie produk graag wou koop.

JA / NEE

  • Ontwerp ‘n produk wat jy by die markdag gaan verkoop.

Teken of skryf in die trollie wat jy alles vir jou produk gaan nodig kry om dit te kan maak.

  • Teken ‘n prentjie van jou en jou maat waar julle die produkte by die mark verkoop.

Assessering:

(LO’s) Leeruitkomstes(LUs)
EBWLU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELING Die leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.6 kunsvaardighede (bv. teken, knip, meet, plak) gebruik om omgewingsvriendelike produkte wat in die gemeenskap verkoop of verruil kan word, te maak.
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETRASIE EN AANBIEDING Die leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 Drama : neem deel aan eenvoudige dialoog- en aksiereekse wat op bekende ervarings in die eie gesin of gemeenskap gebaseer is.
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder sal in staat wees om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toe te pas, met gebruikmaking van geskikte inligting- en kommunikasietegnologieë.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 Ontwerp : kies gepaste materiaal of stowwe om eenvoudige produkte wat in ‘n gegewe behoefte voorsien, te maak;1.3 Maak : maak eenvoudige produkte uit verskillende soorte materiaal.

Memorandum:

Leerders moet nou ‘n produk ontwerp wat hulle by die markdag sal kan verkoop, bv. koekies wat by die huis gemaak word of sakkies wat versier word sodat produkte daarin gepak kan word. Besluit watter materiale gebruik word en maak ‘n eenvoudige advertensie op ‘n plakkaat om produkte te bemark. Hier kan die leerders ook bewus gemaak word van onkoste, wins en verlies.

Die leerder moet aan die einde van die module die geleentheid kry om sy eie produk te ontwerp en te maak en dit dan aan die gemeenskap te verkoop. Die gedagte is om die module aan ‘n dag soos Entrepreneursdag of Markdag te koppel. Die leerders kry dan die geleentheid om hulle eie produkte te verkoop en om met geld te werk.

Laat die leerders ‘n winkelrak met verskillende produkte daarop op die ‘n A3 papier teken.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask