<< Chapter < Page Chapter >> Page >

My potloodsakkie het dieselfde massa as ____________________________________

(blokkies, klippe, skulpe).

  • Vind nou uit omtrent dié op die balans en voltooi die sinne.

1. Hoeveel skulpe het dieselfde massa as my potlood ?.

Skryf: My potlood het __________________________________________________

2. Hoeveel blokkies het dieselfde massa as my kosblik?

Skryf: My kosblik het __________________________________________________

LU 4.6
  • Henry, Mike en Tom draf elke oggend om fiks te bly.
  • Voltooi die kilometers op die baan.
  • Begin by 93.
  • Maandag het hulle by 120 begin en by 93 geëindig. Tel terug.
  • Vul die ontbrekende getalle in:

100 . . . . . . . 102, 99 . . . . . . 101, 103 . . . . . . 105,

96 . . . . . . . . . 98, 111 . . . . . . . . . 113, 110 . . . . . . . . . 112.

  • Henry het by 93 begin en 10 km later gerus. Hy was by _____________ km.
  • Mike het 6 km verder gerus. Hy was by _____________ km.
  • Tom het tussen 110 en 112 km gerus. Hy was by _____________ km.
LU 1.2 LU 1.4 LU 2.2
  • Pat het ‘n groot handvol boontjies geneem. Sally ook.
  • Raai hoeveel elk gehad het. Pat_________ Sally_____________

Groepeer hulle in 10’e.

  • Tel Pat se boontjies ________________________ boontjies.
  • Tel Sally se boontjies _______________________ boontjies.
  • Het jy te veel, te min of net reg geraai?

Ek __________________________________________________________________

  • Groepeer hulle in 10’e.
  • Tel hulle. Daar is __________________________ stoele.
LU 1.1 LU 1.8
  • Rangskik die stoele in die saal in groepe van 10 en ene.
LU 1.10

1. 24 kinders het kom oefen. Mnr. King wou 8 kinders in ‘n span hê.

Hoeveel spanne het hy gemaak?

Gebruik tellers of teken.

Mnr. King het ________________________________ spanne gemaak.

2. Mamma het R30 in haar beursie. Sy verdeel dit gelykop tussen Des, Liz en Mo. Hoeveel sal elkeen kry?

Vertel vir jou maat hoe jy uitgevind het hoeveel elkeen kry ___________________

3. Tom, Sisulu en Henry het elkeen 3 knope verloor terwyl hulle aan-aan gespeel het. Hoeveel knope het hulle altesaam verloor?

Skryf ‘n getallesin. _____________________________________________________

LU 1.7 LU 1.10 LU 1.11
  • Bestudeer ‘n katalogus, ‘n tydskrif of ‘n koerant en kry produkte wat per gram of kilogram verkoop word. Knip hulle uit en plak. Kontroleer elkeen se prys en bespreek dit met ‘n klasmaat.
LU 4.7

Mamma maak muffins vir millie

Miskien sal jy en jou onderwyser ook graag muffins wil maak.

  • Probeer hierdie resep. Dit maak 12 muffins.
  • Jy benodig:

500g koekmeelblom

2,5g sout

1 eier

50g margarien

20g bakpoeier

25g suiker

225ml melk

  • Jy benodig ook:

‘n mengbak

‘n lepel

gesmeerde muffinpannetjies

  • Metode:

1. Klits die eier en meng dit met die melk.

2. Sif al die droë bestanddele saam.

3. Voeg die eiermengsel daarby en meng goed.

4. Smelt die margarien en voeg dit by die mengsel.

5. Meet lepelsvol van die mengsel en skep dit in die gesmeerde muffinpannetjie.

6. Bak vir 15 tot 20 minute teen 200°C in ‘n oond.

Smeer ‘n bietjie margarien daarop en bedien. Geniet dit.

  • Vergelyk dié resep met die een wat jou ma gewoonlik gebruik.
LU 4.7

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende getalle orden, beskryf en vergelyk;

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels, en verduidelik die antwoorde wat eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼);

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder eie oplossings vir probleme verduidelik.

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder met standaardmates kennis maak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask