<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Twee tot ses leerders kan hierdie speletjie speel. Indien nodig, kan die onderwyser nog sulke stelle kopieer sodat die hele klas kan speel. (Om verwarring te voorkom kan elke stel ‘n ander kleur wees. Die speletjies kan ook oorgetrek word om te verseker dat hulle nie gou skeur nie.)

Elke speler benodig ‘n skuiwertjie (bv. ‘n knoop). Een dobbelsteen per stel word ook benodig. Die leerders maak beurte om te gooi en hulle skuiwertjies daarvolgens te skuif. Wanneer hulle op ‘n kaartjie met ‘n vraagteken kom, moet hulle een van die woordkaartjies optel en dit lees. (Die woordkaartjie word dan onderin die pak geplaas.) Indien hulle dit korrek lees, kry hulle nog ‘n beurt. Indien nie, is dit die volgende leerder se beurt. Daar is ook ander blokkies met opdragte wat die leerders moet uitvoer wanneer hulle daarop land. Die eerste leerling wat die eindblokkie bereik, wen.

LU 3.4

Op die volgende bladsy is ‘n aantal kort paragrafies wat die onderwyser vir die leerders moet voorlees. Die leerders moet elke keer die hoofgedagte identifiseer. (Die hoofgedagte word elke keer aan die einde gegee.) Die onderwyser kan soortgelyke voorbeelde gebruik om oor ‘n tydperk die hele klas te toets. Dit kan ook in groepsverband gedoen word.

LU 1.3

Lees / vertel vir die leerders die storie van Sneeuwitjie en die sewe dwergies. (Sneeuwitjie het ook in die woud by iemand gaan kuier.) Gesels oor die karakters in die storie en laat leerders die storie terugvertel. Leerders kan die storie in die klas opvoer. Hulle kan selfs in kuns van die karakters, of die woudtoneel teken / verf.

LU 1.3 LU 2.7

Leerders lees daarna die verkorte weergawe van die storie. Die woorde wat onderstreep is, word as woordeskat aangeleer.

LU 3.4

Leerders afdeling

Inhoud

Luister vir die hoofgedagte

Ek werk baie graag in my groentetuin. Ek het beet, boontjies, uie en aartappels geplant. Soms moet ek onkruid uittrek. Ek gooi elke dag my plantjies met ‘n gieter nat. My ma is altyd bly as ek vir haar vars groente gee!.

Hoofgedagte: groentetuin / tuinmaak.

Vakansies is darem lekker! Die lekkerste is altyd as ons iewers heen gaan. Soms gaan kuier ons vir Oupa en Ouma op die plaas. Dan kan ek saam met Oupa bakkie ry en van Ouma se lekker kos eet. Ander kere gaan ons see toe. Ek hou daarvan om in die branders te baljaar en sandkastele te bou.

Hoofgedagte: vakansie.

Ons gaan ‘n koek bak! Mamma is so bly as ek haar help. Ons trek elkeen ‘n voorskoot aan sodat ons nie op ons klere mors nie. Mamma meet die bestanddele af. Ek roer die mengsel. Ons gaan almal lekker eet!

Hoofgedagte: koekbak.

Al is die winter koud, is dit vir my baie lekker! Ek dra warm truie en baadjies en saans maak my pa kaggel. Dit is baie lekker as my ma pannekoek bak! Soms vat ek my sambreel en reënstewels en gaan stap in die reën. Maar die lekkerste is om saans in my warm bedjie te klim!

Hoofgedagte: winter.

Vanmiddag gaan ek na my beste maatjies se partytjie. Ek is so opgewonde! Ek het ‘n pragtige inkleurboek en kryte as geskenk uitgesoek. Mamma het dit in bont papier toegedraai en ek het self die kaartjie gemaak. Ons gaan lekker eetgoed kry en speletjies speel. Ai, maar wanneer kan ek partytjie hou?

Hoofgedagte: partytjies.

In die middae is die kinders by ons skool baie besig! Amper al die kinders beoefen ‘n sportsoort. Party kinders speel rugby. Ander speel sokker. Netbal en hokkie is ook baie lekker. In die somer kan ons swem of krieket speel. Ek hou baie van tennis en atletiek. Sport hou ons fiks en gesond!

Hoofgedagte: sport.

Ek gaan saam met Pappa visvang. Ek het my eie stok. Oupa het dit vir my gegee vir my verjaarsdag. Ons neem die aas in ‘n blikkie saam. Sjoe, dit ruik vreeslik sleg! Pappa sit die aas aan my hoek. Wat voel ek daar? Dit is ‘n vis wat byt! Jippie, ek het ‘n vis gevang! Vanaand gaan ons darem lekker eet!

Hoofgedagte: Visvang

Ek is hierdie jaar in Graad 1. Skool is baie lekker! My juffrou is baie gaaf. Sy lees vir ons stories en leer vir ons liedjies. Ek kan al mooi lees en skryf. Ek hou ook baie van teken. Volgende jaar is ek in Graad 2! Dan is ek al baie groot en slim!

Hoofgedagte: skool

Sneeuwitjie

Sneeuwitjie het in ‘n kasteel gewoon. Sy was baie mooi. Haar stiefma was ‘n nare vrou. Sy het nie van Sneeuwitjie gehou nie. Sneeuwitjie het na die bos gevlug. Sy het by die sewe dwergies in hulle huisie gaan woon.

Die nare stiefma het hiervan gehoor. Sy was baie kwaad. Toe maak sy ‘n plan. Sy het vir Sneeuwitjie ‘n giftige appel gegee om te eet. Sneeuwitjie het op die grond geval. ‘n Prins het haar gesien. Hy wou haar help. Die appel het uit Sneeuwitjie se keel geval. Die gawe prins was baie bly! Hy het met Sneeuwitjie getrou.

LU 3.4
LU 4.1
  • Vul in: ou of uu. Lees daarna die storie.

___pa uil sit op die m____r. ____pa uil

is al baie ____d. Hy kry k___d. Hy wens

daar was ‘n v____r met baie h____t

waar hy kan warm word. Maar daar is

nie ‘n v____r nie. Nou sit hy maar so in

die verte en t____r. Wie kom daar aan?

Dit is ____ma uil! Nou is ____pa uil bly!

____ma uil sit langs hom. Nou kry altwee lekker warm.

LU 3.4 LU 6.1

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask