<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 6

Module 3

Interpreteer ‘n boodskap uit ‘n visuele teks

Aktiwiteit 1:

Om ‘n boodskap uit ‘n visuele teks te interpreteer [lu 3.2.1]

Om spelling in ‘n woordeboek na te slaan [lu 6.1.6]

Soek die verskille

Prent 1

Prent 2

Merk die verskille tussen die twee prente. Skryf slegs die voorwerpe wat in elke prent ontbreek neer. Skryf nou langs elke voorwerp 'n woord neer wat die voorwerp goed sal beskryf. As ek jy is, skryf ek sommer die beskrywende woord in kleur , want dit is eintlik 'n inkleurwoord . Let op jou spelling.

Aktiwiteit 2:

Om die korrekte register (formaliteitsgraad) van taal te gebruik

[lu 2.4.1]

Rolspeel die sketse. Veronderstel die seun gesels in prent 1 met sy suster, maar in prent 2 gesels die seun met 'n meisie op wie hy 'n ogie het.Let daarop dat die woordkeuse in die twee situasies gaan verskil.

Aktiwiteit 3:

Om te luister na spesifieke besonderhede in ‘n voorgelese teks

[lu 1.5]

Luister aandagtig na die volgende. jy gaan die gedeelte slegs een keer hoor. luister vir detail en ook vir ‘n groot verskil.

Hendricks Motors: Motors met 'n groot verskil

Gert André

Werk is deesdae maar skaars, baie skaars. Werkgewers soek werknemers met 'n verskil.

Mnr. Hendricks besit 'n motorhawe wat spesialiseer in die verkoop van eenjaar-oue motors. Hy stel twee werknemers vir 'n maand op proef aan. Die een wat die beste verkope handhaaf, kry die werk.

Dis 'n warm Saterdagoggend net voor twaalf. Almal maak al gereed om die naweek te gaan ontspan. Die temperatuur in die vertoonlokaal is 34°C en die humiditeit baie hoog. Desmond Smith en sy aanvallige vroutjie kom binnegestap. Hulle pyl reguit op 'n tamatierooi duinebesie af. Net die ding om 'n vaal vakansie mee op te kikker. Rustige, luilekker dae langs die blou seewater terwyl vroutjie sonbrand. Visvang is mos nou 'n sport vir manne. Al dié beelde vlieg deur Desmond se gedagtes. "Kan ek help?" vra die verkoopsman, Gert Swart. "Ja Meneer, ek stel belang in dié outjie."

"Dit spyt my, maar dis reeds verkoop," antwoord Gert. "Kan ek u dalk die ander voertuie wys? Dis almal eenjaar-oue modelle, Meneer. Die beste wat u in die stad sal kry." "Dan stap ons maar weer," groet die teleurgestelde Desmond.

Op pad uit, by die dubbele glasdeur, loop Desmond en sy vroutjie vas teen André James, die ander verkoopsman. André merk dadelik op dat die kliënte vakansiegangers is. Die blonde vrou, haar hare kort gekap, is geklee in 'n los somersrok en sy dra 'n breërand strooihoed in haar linkerhand. Die man dra 'n T-hemp, 'n kort broek met leersandale en sy sonbril is teruggeskuif oor sy hare. "Lyk my die son het jul geknou. Byt die grotes?" sê-vra André. "Nee wat, nog nie eens 'n byt gehad nie," antwoord Desmond. "Om daar te kom, het 'n mens 'n vierwielaangedrewe voertuig nodig," gee André blitsvinnig raad. "Kom ek wys u die rooie wat gister hier aangeland het: lae kilometerlesing, driejaarwaarborg op die onderstel en enjin. Net die outjie wat u soek." "Meneer, ek soek eintlik 'n duinebesie, maar dis blykbaar reeds verkoop," gaan Desmond voort. " Meneer, as u werklik by die plekke wil kom waar die grotes byt, het u 'n vierwiel nodig. Hier het u nou die beste van twee wêrelde, 'n dubbelkajuit en 'n vierwielaangedrewe voertuig. Een van die dae is daar kinders en waar gaan hulle sit? Sê nou 'n reënbui oorval julle en die grotes byt? Mevroutjie, sit solank, ek bring vir u 'n koeldrankie terwyl ek en u man die tegniese dingetjies deurkyk."

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask