<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 2:

Om kreatief te dink

[lu 5.4.1]

Verbeter die volgende:

  • So wyd as een huis.
  • Soos ‘n ope boek.
  • Dit alles behoort aan die verlede.
  • Sy koors word al hoe strawwer .
  • Alles was so duidelik as die dag.
  • Sy neusgate staan wyd oop, en beef .
  • Ons was nou aan die kant van die stuk bosveld.
  • ‘n Reus van ‘n boom.
  • Die gedagte aan die bloedige treurspel het my vervolg .
  • Wat is ‘n seeskuimer ? (Dink aan die skuim van die aarde ).

Opdrag 3:

Om basiese vaardighede deur middel van saaklike taal en eenvoudige beskrywings te gebruik

[lu 4.3.3, 4.3.4]

Hierdie kaart dui aan waar die skat in die verhaal begrawe was.

Elkeen teken nou sy eie kaart met al die belangrike bakens.

Skryf tien stappe neer hoe om by die skat uit te kom.

Die plek waar die skat versteek is, bly ‘n geheim, want julle gaan kaarte met mekaar ruil. Jou maat moet jou aanduidings volg om by die skat uit te kom.

Julle aanduidings of stappe moet in slim, verstaanbare taal beskryf word.

Opdrag 4:

Sluitingsoefening: om taal te gebruik vir dink en redeneer

[lu 5.1.3]

Sluitingsoefening

  1. Voltooi die leesstuk deur die woorde aan die einde van hierdie leesstuk op die mees logiese manier in die gapings in te vul.

Toe ________ons almal die grot in. Dit was ‘n groot lugtige plek, met ‘n

fonteintjie, en ‘n________ helder water, waaroor _______________

hang. Die____________ was sanderig. Voor ‘n groot __________ lê

Kaptein Smollett; en in die verste hoek sien ek groot hope ________skitter, en wat in groot vierkante gepak was. Dit was ou Flint

se _______________ wat ons so ver kom soek het, en wat alreeds die

_______________van sewentien gekos het. Geen

mens op____________ kon vertel hoeveel _______________

en trane, hoeveel _____________ en misdade, dit gekos het om dit bymekaar

te___________ nie, watter goeie _________ gesink het, hoeveel

___________ manne _______________die plank moes oorstap nie. Tog

was daar nog drie op die eiland -Silver, en ou Morgan, en Ben Gunn, - wat elkeen ‘n

___________ gehad het in hierdie _____________soos elkeen ook

tevergeefs gehoop het op ‘n deel van die ____________te kry.

vuur mense dapper poel

buit skepe misdade gaan

leuens vloer aandeel geblinddoek

aarde varings goudstawe maak

skat bloed muntstukke dood

Opdrag 5:

Om met sinne te werk

[lu 6.2]

  1. In elk van die volgende sinne is daar ‘n taal-, hoofletter-, spel-, leesteken- of logikafout. Skryf eers die fout neer en langsaan die korrekte antwoord:

Byvoorbeeld: Vraag: Die man wie daar loop.

Antwoord: Die man wat daar loop.

  1. Ek was gebore op Beaufort-Wes.
  1. My broer studeer op die universiteit van Stellenbosch.
  1. My oom is dood van sy hart.
  1. Hy het homself op die partytjie geniet.
  1. Die fiets wat ek mee ry, is al oud.
  1. Die stoel wat sy op sit, is geel geverf.
  1. Die skêr is stomp.
  1. My suster is op ‘n streng dieët.
  1. Die Springbokke toer huidiglik deur Engeland.
  1. Die bankrowers het regs en links op die mense geskiet.

Asswessering

LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding);
3.9 die sosiale, kulturele, omgewings- en etiese kwessies in tekste (soos duidelik in aspekte soos inhoud, taal, kunswerk, karakterisering blyk), identifiseer en bespreek.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander;
4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies.
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke gepas vir ‘n tekssoort toon
4.3.3 gebruik ruimte en rym in gedigte;
4.3.4 toon volgorde in prosedures.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer:
5.1.3 oorweeg twee moontlikhede en besluit watter een die beste keuse is;
5.4 kreatief dink:
5.4.1 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om betekenis te skep en probleme op te los.

Memorandum

Opdrag 1

(In die leerder se eie woorde.)

  1. Die derde boom was ongeveer tweehonderd voet hoog. Dit was ‘n reuseboom met ‘n stam so dik as die breedte van ‘n huis. In die skaduwee van die boom kon ‘n hele afdeling soldate saamtrek. Van ver af kon dit dien as ‘n baken vir skepe.
  2. Hulle oë het geskitter, en hulle het al hoe vinniger voortbeweeg, want hulle siele was in die skat omdat dit aan hulle ‘n losbandige lewe vol plesier sou bied.
  3. Sy neusgate (of neusvleuels) was wyd oop, en het gebewe; hy het boosaardig geskel wanneer ‘n vlieg op sy natgeswete gesig gaan sit het; hy het die tou wat my aan hom vasgebind het, woedend gepluk, en elke keer na my gekyk met moordlustige oë.

Opdrag 2

a)

  1. So wyd soos ‘n huis.
  2. Soos ‘n oop boek.
  3. Dit alles behoort tot die verlede.
  4. Sy koors word al hoe erger .
  5. Alles was so duidelik soos die dag.
  6. Sy neusgate was wyd oopgesper en het gebewe .
  7. Ons was nou op die rand van die stuk bosveld.
  8. ‘n Reuseboom .
  9. Die gedagte aan die bloedige treurspel het my agtervolg (of bygebly ).
  10. ‘n Seeskuimer is ‘n persoon van swak of twyfelagtige karakter. Uitgeworpenes uit die samelewing. Onderste laag van die gemeenskap. Gespuis. Skorriemorries.

Opdrag 3

Om basiese vaardighede deur middel van saaklike taal en eenvoudige beskrywings te gebruik

Opdrag 4

  • gaan, poel, varings, vloer, vuur, muntstukke, goudstawe, skat, dood, mense, aarde, bloed, maak, skepe, dapper, geblinddoek, aandeel, misdade, buit.

Opdrag 5

(a)

(i) Ek is gebore in Beaufort-Wes.

  1. By broer studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
  2. My oom is dood aan sy hart.
  3. Hy het hom op die partytjie geniet.
  4. Die fiets waarmee ek ry, is al oud.
  5. Die stoel waarop ek sit, is geel geverf.
  6. Die skêr is stomp.
  7. My suster is op ‘n streng dieet .
  8. Die Springbokke toer tans deur Engeland.
  9. Die bankrowers het links en regs op die mense geskiet.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask