<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Onder die gewemel in die lug is daar ook te vinde arbeiders en artieste; prokureurs en professore; winkeliers en finansiers; stadsklerke en gewone klerke; vrugteboere en veeboere; kleremakers en tiksters; staatsamptenare en dokwerkers; hoog en laag; wit en swart; ja, geheel Kaapland se kosmopolietiese bevolking is in die hemelblou bo en om ou Tafelberg se grys rotswande wat reeds deur die eeue heen die mag van stormwind en weer trotseer.

Dis nie alleen van Kaapstad se voorstede dat die mense gereeld werk-toe kom nie, maar ook vanuit Stellenbosch, Wellington, Malmesbury, Caledon, Worcester en omstreke, en selfs van Clanwilliam, Swellendam, Montagu, Laingsburg en van nog verder.

"Pasop, Piet!" skree Tom. Maar dis te laat. 'n Geweldige stamp met 'n skrapende klank laat die vliegmasjien bewe en tril van end tot end.

  1. Die skrywer praat van skoolseuns wat op hul lugfietse tussen die verkeer heen dartel soos muggies tussen 'n swerm swaels. Waar is die meisies dan?
  2. Die skrywer praat in die tweede paragraaf van die gewemel in die lug. Waarna verwys hy? Wat bedoel hy met "geheel Kaapland se kosmopolitiese bevolking is in die hemelblou bo en om ou Tafelberg"? Hoe vergelyk dit met die hedendaagse situasie in ons groot stede?

Wat beteken die volgende woorde?

  • pendel
  • pendelaar
  • pendeltuig

Opdrag 2:

Om ‘n brief of opstel te skryf wat meer as een gesigspunt aanbied

[lu 4.1.2]

Piet kyk oor sy skouer heen en sien 'n torpedo-vliegkar wat met sy neus vas teen die stert van Piet se masjien gedruk is. In die torpedokar sit 'n opgewonde en ontstelde ou heer wat om hom heen kyk asof hy vanuit 'n ander planeet neergestort is.

Hierdie torpedo-lugkarre is baie in gebruik omdat hulle so handig is. Die sakeman gebruik die torpedokar vir sy vlugte na en van kantoor. Hierdie kar, soos sy naam beduie, is gebou in die vorm van 'n groot torpedo en is voorsien van een of twee sitplekke; wiele om mee te land en ook vir gewone padgebruik; 'n kragtige, deur elektrisiteit gedrewe, skroef; sterk soekligte vooraan en 'n stuurrad soos die van die outydse motorkar, maar wat ook die skroef en roer kontroleer.

"Ekskuus, seuns!" skree die ou heer terwyl hy sy masjien so gou moontlik agteruit laat loop en sodoende van die vliegtuig losruk. "Ek is jammer, baie jammer, maar nou net gons die draadloos in my ore dat 'n sekere Nu-Yorkse firma, waarin ek aandele het, bankrot gegaan is. Van die skrik verloor ek beheer oor my masjien met die gevolg soos julle nou gesien en gevoel het.

"Stryk neer op my kantoor. Ek is meneer Sokkie, bestuurder van die 'Oorkurkvervaardigingsmaatskappy, Beperk,' Loopstraat, Kaapstad. My werktuigkundiges sal die deuk in jul masjien regmaak; die firma se naambord is vanuit die lug te sien. Tot weersiens."

"Goed, dankie meneer, tot weersiens," antwoord Piet.

"Dis die tweede keer binne die laaste maand," sê Piet, "dat die senuweeagtige ou swaap moeilikheid veroorsaak. Die vorige keer het hy een van die lugkonstabels amper tot die grond geboor. Hy was dié slag op pad huis-toe. Die heerlike vars lug trek hy tot diep in sy longe en hy dink aan die dae dertig jaar gelede toe hy en sy nooientjie daar bo in die wolke gaan vry het. Skielik, egter, uit die oneindige lugruim, sny die skel stem van sy vrou deur sy ore: 'Jan, moenie die pond wors vergeet nie.' Die arme ou vent ry toe reguit teen 'n lugkonstabel vas."

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask