<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 7:

Om ‘n vreesaanjaende ervaring te beskryf

[lu 4.1.1]

  1. Jy en 'n vriend bevind julle in een van die hysbakke van 'n wolkekrabber. Dit is net julle twee in die hysbak. Skielik voel dit asof die hysbak besonder vinnig na benede beweeg. Julle raak paniekbevange. Beskryf die ervaring.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 luister na ekspressiewe, verbeeldings- en verhalende tekste (soos ballades, liedjies, kortverhale en vertellinge) en dit waardeer.
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier met selfvertroue en met redelike ondersteuning oordra deur geselekteerde mondelinge tekssoorte te gebruik (soos verhale, grappies, dramas);
2.4 basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, onderhoude en debatte deel te neem:
2.4.3 gee erkenning aan ander se menings.
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
3.1 ‘n verskeidenheid tekssoorte dikwels spontaan vir genot en inligting lees, persoonlike reaksies beskryf en die soort tekste wat hy/sy geniet, bespreek.
3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding);
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander;
4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies.
4.2 verskeie feitelike skriftelike en multimodale tekste (tekste met druk en beelde) vir verskeie doeleindes skep deur, waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in ooggetuieverslae, plakkate, advertensies, boekresensies, resepte, en instruksies vir speletjies te gebruik.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer:
5.1.1 lei betekenis af verduidelik die skrywer se bedoeling deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste oor die kurrikulum heen te interpreteer.
5.1.2 verduidelik oorsaak en gevolg;
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening;
5.3 inligting verwerk:
5.3.4 besin krities deur idees te deel en te vergelyk.

Memorandum

Aan die opvoeder:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask