<< Chapter < Page Chapter >> Page >

7 Mei 2001

Geagte Skoolhoof

Dankie dat u, u studente aangemoedig het om deel te neem in die onlangse Hou die Kaap in die Haak Opstelkompetisie.

Sommige van die opstelle was baie goed veral die van u skool en dit is baie lekker vir ons om ‘n Sertifikaat van verdienste aan Jakob Wiese en Marie Smit toegeken.

Ons stuur hierdie Sertifikaat aan u en vertrou dat u die Sertifikaat so gou as moontlik sal oorhandig.

Nogals dankie en ons vertrou dat u ons Vereniging nog steeds in die toekoms sal ondersteun.

Johan Smith

OMGEWINGSRAADGEWER

  1. Hierdie brief wemel van die foute. Sien dit na en ken ‘n punt uit 10 daaraan toe.
  2. Skryf die brief korrek oor, of skryf ‘n brief aan mnr. Smith en maak beswaar teen sy swak gebruik van Afrikaans. As jy aan mnr. Smith skryf, moet jy dit op ‘n taktvolle en beleefde manier doen.

Aktiwiteit 6:

Om te vluglees

[lu 3.1.2]

Lees die onderstaande gedeelte oor die Knysna-papegaai deur en beantwoord die vrae daaroor gestel. Vier minute word vir die deurlees hiervan toegelaat.

Die Knysna-Papegaai

Die Knysna-papegaai is een van die talle bedreigde diere in ons land. Die Knysna-papegaai is ook bekend as die bruinnek-, rooiskouer- of groenpapegaai. Sy algemene kleur is groen. Hy het ‘n rooi voorkop en ken, en sy skouers is opvallend rooi. Hierdie rooi vere kom nie by jong voëls voor nie. Die Knysna-papegaai is ‘n groot papegaai wat tot 350 mm lank word.

Die broeityd is in Mei en van September tot Oktober. Die voëls maak hul neste in gate hoog op in die dooie takke of stamme van bome. Die eiers is glanswit en daar is gewoonlik vier in ‘n broeisel. Hulle kom slegs in die woude van Oos-Kaapland voor en wel in die hoogste en natste dele van die bergwoude op hoogtes van omtrent 1 000 tot 1 200 m. Hulle wei bedags in klein groepies van 5 tot 30 voëls in laagliggende gedeeltes.

Hulle onderneem gereelde swerfvlugte van selfs so ver as 130 km vanaf hul slaapplekke. Op pad na hul weiplekke vlieg hulle hoog en vinnig en maak baie geraas. As hulle wei, is hulle egter betreklik stil. Hulle leef van die vrugte van geelhout- en olienhoutbome en die sade van die swartwattelboom. Die skil en die vleis van die vrugte word nie geëet nie. Die pitte, egter, word met hul sterk snawels oopgebreek en slegs die kern van die pit word geëet. Hul bewegings in die bome en op takke is stadig soos dié van ‘n papegaai in ‘n hok.

Die volksnaam “Knysna-papegaai” is ‘n heeltemal verkeerde benaming, want hulle kom nie in die Knysna-bosse voor nie. Hulle getalle word vinnig minder, want die area waar hulle leef, naamlik die inheemse bosse, word vernietig. Daar vind ook groot onwettige handel in Knysna-papegaaie plaas.

Hulle word onwettig in bosse gevang deur ‘n volgroeide papegaai in ‘n hok te plaas wat dan as ‘n lokvoël dien. Die wilde voëls wat deur die geroep van die gevange voël gelok word, gaan dan op takke sit wat met voëllym besmeer is. Jong voëls word ook uit neste verwyder net voordat hulle kan vlieg.

(Verwerk uit: Bedreigde Spesies van die Departement van Natuur- en Omgewingsbewaring, Kaapse Provinsiale Administrasie.)

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask