Die landskap soos wat ons dit sien met valleie, heuwels, mere, damme, ens., verander voortdurend. Die verandering word óf deur die mens veroorsaak, óf deur natuurlike kragte.
R iviere
In die reënseisoen versamel die water wat op die grond val, in klein stroompies wat later groter strome of riviere vorm, en wat ‘n afdraende pad na die see soek. Soos die water oor die grond beweeg, voer dit nie alleen die bolaag saam nie, maar breek dit ook die grond en selfs rotse in kleiner deeltjies op. So word riviere oor lang periodes al dieper en breër uitgekalwe. Mettertyd ontstaan valleie en skeure in die grond. Ons dink byvoorbeeld hier aan die Visrivier-afgronde in Namibië.
E rosie
Met die aanslae van die natuur soos ryp, hael, sneeu en son word rotse meer poreus en is daar voortdurend klein stukkies wat wegslyt en afbreek. Hierdie proses van afbreking word verwering genoem. Wanneer die wind of reën (water) nou kom en hierdie klein deeltjies wegwaai of wegspoel, noem ons die verskuiwing van die materiaal erosie. Die klein stukkies word later weer op ‘n ander plek gedeponeer en vorm dan ‘n nuwe vrugbare laag grond.
Indien hierdie proses oor ‘n lang tydperk voortduur, word die voorkoms van die landskap verander met byvoorbeeld die vorming van valleie, koppies en klowe. Sagter rots verweer vinniger as die omliggende harde rots en so word interessante landskappe gevorm, soos die tafelkoppies wat so kenmerkend van die Groot-Karoo is.
Spoelkloof (Canyon)
Tafelkop
Vulkane
Die buitenste laag van die aarde word die kors genoem. Dit is uit rotse saamgestel. Diep binne-in die aarde is dit so warm dat die rotsmateriaal smelt en magma (gesmelte rots) vorm. Hierdie kokende massa soek voortdurend vir swak plekke in die aardkors om te kan deurbreek. Wanneer die gesmelte rots die aardoppervlak bereik, word dit lawa genoem. Dit koel af, stol en vorm rotse wat nuwe landskappe skep. Die rotskrater is soms so groot dat dit hoë berge vorm.
Verskuiwings
Die aardkors word voortdurend onderwerp aan druk- en trekkragte as gevolg van die onstabiele binne-kern. Dit lei soms daartoe dat ‘n deel van die aardkors van onder af opgestoot word en dan bo die res van die landskap uitsteek. Die rand / helling waar die skuifbeweging plaasgevind het, word ‘n verskuiwing genoem. Op hierdie manier kan ons dan ook dikwels die verskillende rotslae, soos dit onder die aardoppervlak lê, duidelik sien.
Die mens
Die mens beheer graag sy omgewing en verander dit voortdurend om aan sy behoeftes te voldoen. Voorbeelde hiervan is die bou van paaie en brûe, groot ontwikkelings, damme, ens. Kan julle nog voorbeelde noem?
Aktiwiteit 1:
Om 'n kort paragraaf te skryf oor 'n sekere onderwerp
[lu 2.3]
Skryf ‘n kort paragraaf oor hoe en waarom die mens voortdurend die landskap rondom hom verander.
Het julle aan die volgende aspekte geraak : behuising ; mynbou; boerdery ; vervoer ?
Aktiwiteit 2:
Om navorsing oor sekere onderwerpe te doen
[lu 2.2; 2.3]
Kies een van die volgende maniere waarop die mens indirek die natuurlike landskap beïnvloed. Besoek jou naaste biblioteek of raadpleeg ander bronne om meer hieroor uit te vind en skryf ‘n kort verslag wat aan die klas voorgedra kan word.
Ontbossing
Gronderosie as gevolg van menslike aktiwiteite
Plantegroei word uitgeroei as gevolg van aardverwarming
Mono-boerdery
Afvalprodukte se invloed op plantegroei
Assessering
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
inligting kategoriseer;
'n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;
deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].
Memorandum
Behuising
Landbou
Paaie
Mynbou
Questions & Answers
differentiate between demand and supply
giving examples
In economics, a perfect market refers to a theoretical construct where all participants have perfect information, goods are homogenous, there are no barriers to entry or exit, and prices are determined solely by supply and demand. It's an idealized model used for analysis,
When MP₁ becomes negative, TP start to decline.
Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 •
Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of lab
Kelo
Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 •
Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of labour (APL) and marginal product of labour (MPL)
Quantity demanded refers to the specific amount of a good or service that consumers are willing and able to purchase at a give price and within a specific time period. Demand, on the other hand, is a broader concept that encompasses the entire relationship between price and quantity demanded
Ezea
ok
Shukri
how do you save a country economic situation when it's falling apart
Economic growth as an increase in the production and consumption of goods and services within an economy.but
Economic development as a broader concept that encompasses not only economic growth but also social & human well being.
Shukri
production function means
Jabir
What do you think is more important to focus on when considering inequality ?
sir...I just want to ask one question... Define the term contract curve? if you are free please help me to find this answer 🙏
Asui
it is a curve that we get after connecting the pareto optimal combinations of two consumers after their mutually beneficial trade offs
Awais
thank you so much 👍 sir
Asui
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities, where neither p
Cornelius
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities,
Cornelius
Suppose a consumer consuming two commodities X and Y has
The following utility function u=X0.4 Y0.6. If the price of the X and Y are 2 and 3 respectively and income Constraint is birr 50.
A,Calculate quantities of x and y which maximize utility.
B,Calculate value of Lagrange multiplier.
C,Calculate quantities of X and Y consumed with a given price.
D,alculate optimum level of output .
the market for lemon has 10 potential consumers, each having an individual demand curve p=101-10Qi, where p is price in dollar's per cup and Qi is the number of cups demanded per week by the i th consumer.Find the market demand curve using algebra. Draw an individual demand curve and the market dema
suppose the production function is given by ( L, K)=L¼K¾.assuming capital is fixed find APL and MPL. consider the following short run production function:Q=6L²-0.4L³ a) find the value of L that maximizes output b)find the value of L that maximizes marginal product