<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Groen Rewolusie het voordele ingehou, maar daar is ook belangrike lesse geleer.

Aktiwiteit 2:

Om die belangrikste lesse te bepaal wat met die groen rewolusie in indië geleer is

[lu 1.5]

  • Lees die onderstaande stuk en skryf ‘n kort paragraaf oor elk van die lesse wat geleer is.

Landbou en die oorbevolkingsvraagstuk in Indië

Die Groen Rewolusie

Wanneer die bevolking van ‘n land so vinnig toeneem dat daar uiteindelik nie genoeg voedsel geproduseer kan word nie, lei dit uiteindelik tot hongersnood.

Indië is sodanige land wat nog nie daarin kon slaag om in die voedselbehoeftes van sy bevolking te voorsien nie want dit is ‘n oorbevolkte land in die ergste graad en die primitiewe boerderymetodes het veroorsaak dat die land se opbrengste van die laagste in die wêreld was.

Om die bevolkingsproduksie te laat tred hou met die groeiende bevolking, word daar reeds vir meer as dertig jaar gepoog om die sogenaamde Groen Rewolusie in Indië toe te pas. Die Groen Rewolusie berus op die verhoogde produktiwiteit van reeds bewerkte grond. Dit word bewerkstellig deur die toediening van meer bemestingstowwe en die verbouing van nuwe voedselsoorte.

Opleidingsprogramme is ontwikkel om nuwe idees en nuwe boerderymetodes en -tegnieke by die inwoners op die platteland tuis te bring.

Nuwe koring-, rys- en mielievariëteite is ontwikkel wat meer saad produseer, hoër opbrengste lewer, beter reageer op die toediening van bemestingstowwe en meer proteïne bevat.

Doeltreffende bemesting het nie alleen die landbouproduksie verhoog nie, maar ook die waterhouvermoë van die grond verhoog.

Chemiese en organiese bemestingstowwe is ook gebruik.

Dit het tot gevolg gehad dat daar ‘n totale toename in produksie was wat ietwat meer was as die jaarlikse bevolkingsgroeikoers. Verskeie rekordgraanoeste is van tyd tot tyd opgelewer.

Alhoewel die doelwitte van die Groen Rewolusie realisties en haalbaar is, word daar na dertig jaar steeds verskeie probleme ervaar met die toepassing daarvan.

Die uiters konserwatiewe kleinboere is ook baie tradisievas en vernuwing en verandering word met skeptisisme en vooroordeel begroet.

Die meeste kleinboere is nog ongeletterd.

Die kleinboere is arm en geld ontbreek om plaasimplemente, insek- en onkruiddoders en kunsmis aan te koop.

Die Groen Rewolusie is ‘n duur program en kapitaal ontbreek om die koste te delg. Die land moet in ‘n toenemende mate geld in die buiteland leen om vir die program te betaal.

Die enigste manier waarop die Groen Rewolusie kan slaag, is om te verseker dat ‘n balans gehandhaaf word tussen die groeiende bevolkingsgetalle en voedselproduksie. Die bevolkingsaanwas moet doelbewus en planmatig beheer word.

Bronne

Swanevelder, C.J. e.a., Senior Aardrykskunde Graad 8 , Kaapstad, 1996

Ganguly, S., From the Bengal Famine to the Green Revolution , Internet (Google.com)

Rosset, P. e.a., Lessons from the Green Revolution , Internet (Google.com)

Aktiwiteit 3:

Om te bepaal of hongersnood uitgeskakel kan word deur tegnologiese ontwikkeling

[lu 2.2]

Benodig ons tegnologie om hongersnood te verlig?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask