<< Chapter < Page Chapter >> Page >

‘Ek was in die ondervragingskamer toe vyf figure skielik die vertrek inbars. Ek is gedwing om op ’n stoel te sit en is geboei. Toe is ek beveel om my hemp uit te trek. Ek het geweier en hulle het die afgeskeur. Toe het ek hulle gevra, “Wat gaan aan?” en hulle het gesê ek moet verstaan dat ek op ’n elektriese stoel sit en dat indien ek nie die waarheid praat nie, gaan hulle my martel en my daar los om te sterf. Skielik het ek die verskriklikste pyn in my liggaam gevoel toe hulle my skok. Ek het my bewussyn verloor en flou geword.’

(Bronne B , C en D is uittreksel uit: SOWETO: A HISTORY, deur P. BONNER en L. SEGAL )

Lu 2:die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon

1 . Bestudeer Bronne B en D. Wat is die ooreenkomste tussen die bronne?

2 . Bestudeer Bron B. Kan jy enige huigelary in die Bron bespeur? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die bron.

Lu 1:die leerder is in staat om die vaardighede te gebruik ten einde die verlede en die hede te ondersoek

3 . Vergelyk Bronne A, B, C en D. Verduidelik hoe daar in Bronne B, C en D oortree is met elk van die bepalings van die nuwe Grondwet.

Lu 3:die leerder is in staat om ’n begrip van historiese interpretasie te demonstreer

4 . Indien jy voel dat jy teenstrydig met die grondwet benadeel word, na watter hof kan jy jou wend?

5 . Plaas jouself in Sicebo Dlomo se skoene. Hoe sou jy in ’n soortgelyke situasie opgetree het?

6 . Beskryf jou gevoelens jeens Bronne B, C en D.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask