<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Hulpbronne

Module 19

Menslike hulpbronne: dienste

Die mens en die diens wat hy lewer

Mense ruil daagliks hul arbeid vir geld (salaris) en daarom word die mens ook as ‘n hulpbron beskou. Mense se fisieke, intellektuele en geestelike vermoëns word gebruik om produkte en dienste te ontwikkel en versprei.

Wat het jy vanoggend vir ontbyt gehad? Was dit ’n toebroodjie, pap of eiers? Of was dit vis? Het jy tee, koffie, ’n vrugtesappie of net water gedrink? Dink net aan al die moontlikhede…… Dit is moontlik dat elke klasmaat se ontbyt van die ander s’n kon verskil!

Die kos wat julle geëet het, kon verskil, maar die ooreenkoms is dat hulpbronne en mense gebruik is om die kos te vervaardig en by jou te besorg.

Aktiwiteit 1

Om 'n voedselsoort te analiseer volgens hulpbronne benut in produksie

[lu 1.1; 1.7]

  • Neem enigiets wat jy vir ontbyt geëet het en analiseer dit aan die hand van die gegewe tabel.
My kossoort : .............................................................................................
Natuurlike hulpbronne nodig vir die vervaardiging. Mense (beroepe) en dienste nodig vir die vervaardiging en vervoer van produk na my huis.

Menslike hulpbronne kan in drie hoofgroepe verdeel word.

Groep 1 : Primêre aktiwiteit Groep 2 : Vervaardiging Groep 3 : Dienste
Mense kweek die oorspronklike produk of neem dit uit die natuur. Mense neem die produk van groep een en verwerk dit. Mense lewer dienste soos om die eerste twee groepe se produkte te vervoer, verkoop of bemark.
Byvoorbeeld Byvoorbeeld Byvoorbeeld
boerdery kleremakery handel
vissery vis inmaak vervoer
mynbou staal maak bankdienste
bosbou meubelmakery munisipale dienste
skole

Kan jy dalk aan nog voorbeelde dink?

Aktiwiteit 2

Om beroepe te kategoriseer

[lu 1.3]

  • Besluit in watter groep die beroepe hieronder val en skryf net primêr , vervaardiging of diens langsaan.
  1. verkeerskonstabel
  2. verpleegster
  3. masjienman op vissersboot
  4. verkoop kunsmis aan boere
  5. werk in boekdrukkery
  6. kameraman (televisie)

Doen nou dieselfde met jou ma of pa se beroep...

... en die beroep wat jy eendag wil volg?

Aktiwiteit 3

Om voorbeelde van die hoofgroepe in menslike hulpbronne in eie omgewing te identifiseer

[lu 1.3]

  • Gesels met jou opvoeder en ouers en kyk of jy voorbeelde van die volgende soorte menslike hulpbronne in jou onmiddellike omgewing kan identifiseer.

Ondernemings waar primêre aktiwiteite verrig word.

Ondernemings waar goedere vervaardig word

Ondernemings wat hoofsaaklik dienste lewer

Versigtig net……..

Julle moet net onthou dat een onderneming soms by meer as een van die drie groepe aktiwiteite betrokke kan wees, soms by al drie.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask