<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid in die rsa

Module 24

Konsepverklarings

Bevolking: Dit verwys na die mense wat in ‘n spesifieke area (dorp / streek / stad / provinsie / land / wêrelddeel) bly.
Bevolkingsverspreiding: Waar die mense binne ‘n spesifieke gebied bly.
Bevolkingsdigtheid: Hoeveel mense in die spesifieke area bly.

Om die bevolkingsdigtheid van ‘n gebied/land te bereken, neem jy die totale bevolking van die gebied/land en deel dit deur die totale oppervlak (in vierkante kilometer) van die gebied/land. Die antwoord wat jy kry dui dan aan hoeveel mense daar gemiddeld per een vierkante kilometer in die gebied/land bly.

Een vierkante kilometer is ‘n vierkantige area van 1 km by 1 km:

Van bo gesien:

Digbevolk en ylbevolk

Baie mense per km2 en min mense per km2

Aktiwiteit 1

Om die bevolkingsdigtheid van suid-afrika te bereken

[lu 1.1]

Gebruik die volgende statistiek, jou sakrekenaar en die formule op bl. 3 en bereken die bevolkingsdigtheid van Suid-Afrika en Indië onderskeidelik. Rond jou antwoorde af tot die naaste heelgetal.

Bevolking van Suid-Afrika (volgens 1960-sensus): 41 miljoen (afgerond).

Oppervlak van Suid-Afrika : 1 219 090 km2 (afgerond).

Bevolking van Indië (volgens 2001-sensus): 1 029 miljoen (afgerond).

Oppervlak van Indië: 3 174 723 km2 (afgerond).

Watter afleiding kan jy maak as jy die bevolkingsdigtheidsyfers van Suid- Afrika met die van Indië vergelyk?

Dit is belangrik om te onthou dat bogenoemde syfers slegs gemiddeldes is. Daar is dele in Suid-Afrika (en Indië) waar daar meer of minder mense per km2 woon.

Aktiwiteit 2

Om ‘n sensusopname te voltooi en grafies voor te stel

[lu 1.3; 1.7]

Hou ‘n sensusopname in jou klas/graad.

Stel ‘n vraelys op met ongeveer 10 vrae wat geskik is vir ‘n sensusopname.

bv.

0 – 20

20 – 30

30 – 50

50+

In watter tipe woning woon jy?

woonstel

dorpshuis

huis op aparte erf

ander

Watter van die volgende artikels is in jou huis beskikbaar?

televisie

radio

mikrogolf

rekenaar

kamera

internet

selfoon

satelliettelevisie

Jou vrae moet op die breë publiek gemik wees, en nie net op die plaaslike bevolking nie.

Nadat die sensusopname deur jou klas/graad voltooi is, verwerk die inligting en stel dit op skrif. Bv. 30% besit televisies / 28% het toegang tot internet / 90% het selfone, ens.

Aktiwiteit 3

Om bevolkingsgetalle te interpreteer en grafies voor te stel

[lu 1.7]

Die volgende syfers verteenwoordig die grootte van die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika volgens die uitslag van die 1996-sensusopname:

Totale bevolking: 40,6 miljoen
Afrikane: 31,1 miljoen
Wit: 4,4 miljoen
Gekleurdes: 3,6 miljoen
Indiërs: 1,1 miljoen
Ander: 0,4 miljoen

Stel die bevolkingsamestelling vir 1996 grafies voor.

Stel nou een van die kriteria (vrae) grafies voor m.b.v. ‘n sirkeldiagram.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];

tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];

inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask